V. A. Shiva Ayyadurai (gebore Vellayappa Ayyadurai Shiva, 2 Desember 1963) is 'n Indies-Amerikaanse wetenskaplike, ingenieur, en entrepreneur. Hy is bekend vir sy betwiste stelling dat hy die "uitvinder van e-pos" is, 'n stelling wat hy baseer op die elektroniese possagteware genaamd "EMAIL" (Engels, E-POS) wat hy as hoërskoolleerling in die laat 1970's in New Jersey geskryf het. Aanvanklike verslaggewing wat Ayyadurai se bewering herhaal het – deur organisasies soos The Washington Post en die Smithsonian Institution – is met openbare terugtrekkings opgevolg. Hierdie korreksies is deur kapsie van historici en pioniers van ARPANET aangespoor, wat daarop gewys het dat e-pos teen die vroeë 1970's reeds aktief gebruik is.
Ayyadurai ontvang ook erkenning vir twee verslae: een wat die werkomstandighede van Indië se grootste wetenskaplike agentskap bevraagteken, en een wat die veiligheid van geneties gemodifiseerde sojabone bevraagteken. Ayyadurai het vier grade van die Massachusetts Institute of Technology (MIT), insluitende 'n Ph.D in biologiese ingenieurswese, en is 'n ontvanger van die Fulbright-beurs. Hy verwerf 3,4% van die stemme as onafhanklike kandidaat in die senaatsverkiesing van Massachusetts in 2018 en staan as Republikeinse kandidaat in die senaatsverkiesing van Massachusetts in 2020.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Lewende mense Kategorie:Geboortes in 1963 Kategorie:Amerikaanse wetenskaplikes Kategorie:Amerikaanse akademici Kategorie:Amerikaanse entrepreneurs Kategorie:Amerikaanse politici