Dean John Smith (gebore 1994, Malmesbury, Wes-Kaap) is ʼn Suid-Afrikaanse akteur. Nadat hy in 2011 gematrikuleer het, het Smith drama studeer aan die Universiteit van Stellenbosch en in 2015 sy honneursgraad behaal.

As skolier het Smith reeds blootstelling tot die vermaaklikheidsbedryf gekry met sy rol wat hy in die film Vaselinetjie gespeel het. As 'n student het hy 'n rol in die film Long Day’s Journey into Night (2015) gehad. By die Woordfees in 2016 tree hy op in die teaterproduksie, Die Dag is Bros en Die Gangsters.

Film Liewe Kersfeesvader; vertolk die rol van Wouter (2017) Vaselinetjie; vertolk die rol van Juice (2017)

Televisie Suidooster; vertolk die rol van Wade Daniels Origins; vertolk die rol van ʼn jagter; vervaardig vir die National Geographic kanaal

Teater Galant hulle; vertolk die hoofrol; regie: Peter John Davids; opgevoer tydens die Suidoosterfees Vaselinetjie; regie: Henry Mylne; opgevoer by die Suidoosterfees, Klein Karoo Nasionale Kunstefees, Aardklop Kunstefees en Woordfees Hel op Aarde; regie: Vicky Davis; opgevoer by Klein Karoo Nasionale Kunstefees Slaaf; regie: Liani Janse van Rensburg; opgevoer by die Iziko Slave Lodge Gehime Spykergewere; regie: Louis Roux Bos; regie: Marthinus Basson; opgevoer by die Woordfees Repelsteeltjie; regie: Schalk van der Merwe Bloedbruilof; vertolk die hoofrol regie: The Zoo Story; vertolk die hoofrol; regie: Cara Rust Marthinus Basson Braai; regie: Lara Bye; opgevoer by die Klein Karoo Nasionale Kunstefees The Creator; regie: Stefan Benade Die Man Wat Wou Wees; regie: Marthinus Basson Chapter II; vertolk die hoofrol; regie: Antoinette Kellermann God Van Chaos; regie: Antoinette Kellermann en Juanita Swanepoel

Toekennings Fleur du Cap toekenning: Mees belowende student in 2014 Fiësta-toekenning: Beste Ondersteunende Akteur vir sy rol in Die Dag is Bros (2016) Kanna-nominasie: Beste Opkomende Akteur (2014)

Bronnelys https://esat.sun.ac.za/index.php/Dean_Smith https://www.apm.co.za/artiste/dean-smith-782/ https://www0.sun.ac.za/100/en/matie-voice/dean-john-smith/ https://www.pressreader.com/south-africa/tv-plus-south-africa/20180801/282029033023603 https://www.imdb.com/&id=nm8350947 https://www.netwerk24.com/huisgenoot/Bekendes/so-lyk-n-week-in-die-lewe-van-suidooster-se-dean-smith-20181219

Kategorie:Geboortes in 1994 Kategorie:Suid-Afrikaanse akteurs Kategorie:Lewende mense