Die oranjevlamspeldekussing (Leucospermum erubescens) is 'n blomdraende struik wat hoort tot die Leucospermum genus en vorm deel van die fynbos. Die spesie is endemies aan Suid-Afrika waar dit voorkom in die Langeberg van Muiskraal tot Brandrivier en die Warmwaterberg te Warmbad. Die struik word tot 1.2 m groot en dra blomme van Augustus tot Januarie en word as seldsaam beskou.
In Engels staan dit as die Oudtshoorn pincushion en die Langeberg pincushion bekend.
Galery
Sien ook Lys van speldekussingspesies
Bronnelys REDLIST Sanbi Protea Atlas PlantzAfrica Plants of the World Online
Eksterne skakels
Kategorie:Speldekussings Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika