duimnael| Sotho-vrou met 'n bruin shweshwe-rok SeShweshwe ( ) is bedrukte, gekleurde katoenmateriaal wat dikwels vir tradisionele Suid-Afrikaanse klere gebruik word. Die tekstielstof is oorspronklik indigo gekleur, maar dit is deesdae in 'n verskeidenheid van kleure en bedrukte ontwerpe, wat deur gedetailleerde geometriese patrone gekenmerk word, beskikbaar. Vanweë die gewildheid daarvan, word shweshwe as die denim, of tartan, van Suid-Afrika beskryf.
Naam duimnael| Xhosa-vroue in tradisionele kostuums met indigo-kleurige shweshwe-voorskote duimnael| Xhosa-vrou met 'n kopdoek van indigo shweshwe (aan die regterkant) Die plaaslike naam shweshwe is afgelei van die tekstielstof se assosiasie met Lesotho se koning Moshoeshoe I, wat ook as "Moshweshwe" gespel kan word. In die 1840s het Franse sendelinge die tekstielstof aan Moshoeshoe I as geskenk gegee. Dit het daarna gewild geword.
In Sotho staan die tekstielstof ook as sejeremane bekend, en ujamani in Xhosa, na aanleiding van die 19de eeuse Duitse en Switserse setlaars wat die blaudruck-stof ('bloudruk') vir hul klere ingevoer het, en daartoe bygedra het dat dit in die Suid-Afrikaanse kultuur inslag gevind het.
Gebruike Shweshwe word tradisioneel gebruik om rokke, rompe, voorskote en toedraai-kledingstukke te maak. Shweshwe-klere word tradisioneel deur pasgetroude Xhosa-vroue, bekend as makoti, en getroude Sotho- vroue, gedra. Xhosa-vroue het die tekstielstof ook in hulle tradisionele okerkleurige kombersklere geïnkorporeer. Afgesien van tradisionele drag, word shweshwe in kontemporêre Suid-Afrikaanse mode-ontwerp vir vroue en mans uit alle etniese groepe, sowel as vir die maak van bykomstighede en stofferingsmateriaal, gebruik. Dit word ook in die Verenigde State as 'n kwiltstof gebruik.
Produksie duimnael|Sjokoladebruin shweshwe Shweshwe word van ongebleikte katoenkaliko, met 'n rollerdruktegniek en suurafskeidings, gemaak. Dit word in breedtes van 90 cm, in oraloor patrone, en A-vormige romppanele wat langs mekaar geplaas word, bedruk. Die tekstielstof word in verskillende kleure vervaardig, waaronder die oorspronklike indigo, sjokoladebruin en rooi. Dit is in 'n groot verskeidenheid ontwerpe, insluitend blomme, strepe, en diamant-, vierkantige en sirkelvormige geometriese patrone, beskikbaar. Die gedetailleerde ontwerpe word met behulp van picotage gemaak. Volgens hierdie tegniek word koperpennetjies, in houtblokke, gebruik om die onderskeie kolletjies waaruit die patroon bestaan, te druk. As gevolg van die kompleksiteit en koste, word die tegniek selde deur kontemporêre tekstielstofvervaardigers gebruik. Die ontwerp-effekte kan egter ook met behulp van moderne vervaardigingstegnieke verkry word.
Die tekstielstof, wat 'n handelsmerk het, is voorheen vanaf Europa na Suid-Afrika ingevoer. Dit word egter sedert 1982 deur Da Gama Tekstiele in die Zwelitsha-dorpsgebied, buite King William’s Town in die Oos-Kaap vervaardig. In 1992 het Da Gama Tekstiele die alleenreg op Three Cats, die gewildste handelsmerk van die tekstielstof, wat deur Spruce Manufacturing Co. Ltd in Manchester vervaardig is, gekoop. Hiermee is die oorspronklike gegraveerde koperrollers na Suid-Afrika gestuur. Da Gama Tekstiele het shweshwe van katoen wat uit Zimbabwe ingevoer is of plaaslik in die Oos-Kaap gekweek is, gemaak.
Die plaaslike tekstielbedryf, insluitend shweshwe-produksie deur Da Gama Tekstiele, word deur mededinging van goedkoper, minderwaardige gehalte namaaksels wat plaaslik vervaardig word, of uit Sjina en Pakistan ingevoer word, bedreig. Die onvervalste produk kan aan die volgende kenmerke uitgeken word: aanvoeling, reuk, smaak, klank, 'n soliede voorkoms van kleur en logo's aan die agterkant van die stof, 'n smaller as gemiddelde 90 cm materiaalwydte, en styfheid van die nuwe stof, verkry van tradisionele stysel, wat mettertyd uitwas. In November 2013 is die vervaardiging van shweshwe deur Da Gama Tekstiele tot vyf miljoen meter per jaar verminder.
In populêre kultuur
Jill Scott, wat die hoofkarakter Mma Precious Ramotswe vertolk in die TV-reeks nr. 1 Ladies 'Detective Agency, het vir die produksie uitrustings van shweshwe gedra.
Sien ook Afrika wasafdrukke
Verwysings
Verdere leeswerk Ralfe, Liz (2004). "Love Affair with my Isishweshwe". In Weber, Sandra; Mitchell, Claudia (reds.). Not Just Any Dress: Narratives of Memory, Body, and Identity. New York: Peter Lang. pp. 211–218. . Pheto-Moeti, Mabokang Baatshwana (2005). An Assessment of Seshoeshoe Dress as a Cultural Identity for Basotho Women of Lesotho (M.Sc. thesis). Universiteit van die Vrystaat. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Januarie 2014. Maphangwa, Shonisani (2010). From Colonial to Post-Colonial: Shifts in Cultural Meanings in Dutch Lace and Shweshwe Fabric (M.A. thesis). Universiteit van Johannesburg. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Januarie 2014. Moletsane, Relebohile; Mitchell, Claudia; Smith, Ann, reds. (2012). Was it Something I Wore?: Dress, Identity, Materiality. Kaapstad: HSRC Press. . Rossouw, Mandy (23 September 2006). Londen oorrompel deur SA se modes. Beeld. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Januarie 2014. Besoek op 22 Januarie 2014. Lamprecht, Bettie (5 Maart 2013). Ikoniese materiaal wat geen grense ken. Beeld. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Januarie 2014. Besoek op 22 Januarie 2014. Leeb-Du Toit, Juliette (2017). isiShweshwe: A History of the Indigenisation of Blueprint in South Africa. Pietermaritzburg: University of KwaZulu-Natal Press. .
Eksterne skakels
Shweshwe in die Britse museumversameling
Kategorie:Handwerk Kategorie:Tekstiele