Dipcadi glaucum (malkopui) is 'n kruid en is 'n bolagtige geofiet wat deel van die Asparagaceae familie is. Die spesie is inheems in Botswana, Namibië, Suid-Afrika, Zambië en Zimbabwe en kom wyd verspreid in die droër dele voor.

Na reën kan groen blare gou verskyn vanuit die bolle en nuwe plantjies kan ook in hul duisende opkom van saad, en groei gewoonlik in kolonies. Die plant veroorsaak veral vrektes in skape en bokke in oorbewyde kampe. Malkopui is bekend daarvoor om senuweesimptome te veroorsaak. Diere kan doelloos rondloop, hulle koppe teen voorwerpe druk, in sirkels beweeg en 'n erge diarree toon. Daar is geen spesifieke behandeling vir die vergiftiging wat deur malkopui veroorsaak word nie.

Malkopui het 'n duidelike voorliefde vir sandgronde en uitgetrapte grond.

Malkopui is 'n robuuste jaarlikse kruie, wat tot 120cm lank groei met 4cm in deursnee. Dit dra 4-9 blare wat tot 45 cm lank word en 4cm of meer breed word.

Galery

Verwysings

Kategorie:Kruie glaucum Kategorie:Flora van Botswana Kategorie:Flora van Namibië Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Flora van Zambië Kategorie:Flora van Zimbabwe