Mila Guy (14 November 1992) is 'n Suid-Afrikaanse aktrise en opgeleide kostuumontwerper van Nelspruit wat tans in Linden, Johannesburg woon. Sy is bekend vir haar rolle in films soos Liewe Kersfeesvader (2017), Wonderlus (2017) en die kykNET-komediereeks, Hotel (2016). Sedert 2020 vertolk sy die rol van Lana Basson in die daaglikse sepie 7de Laan op SABC2.
In haar graad 8-skooljaar het sy en haar gesin na Nieu-Seeland geëmigreer en het sy Hoërskool Nelspruit verruil vir 'n hoërskool in Rotorua, in die dorp waar hulle gewoon het. Guy het haar eerste jaar aan die Universiteit van Auckland voltooi. In 2014 het sy haar B.A.-graad Drama aan die Universiteit van Pretoria behaal. Aanvanklik was haar plan om slegs haar tweede jaar van haar dramagraad in Suid-Afrika te voltooi, maar omdat die toneelbedryf meer bedrywig in Suid-Afrika was, het dit meer belowend gelyk om aan te bly in haar vaderland. Haar ouers woon steeds in Palmerston North.
Haar eerste rol in ʼn vollengte film was vlugtig in Ballade vir ʼn Enkeling en daarna het sy die rol van 'n kinderoppasser in kykNET se sepiereeks, Binnelanders, gekry. Na Binnelanders, het sy in die komediereeks, Hotel, ʼn rol gekry, waarvan die regie deur Bennie Fourie behartig is. In die televisiereeks, Keeping Score, op SABC-kanaal, het sy die rol van ʼn bokser vertolk en het ook 'n rol in die reeks Bedford Wives gespeel. Guy se eerste hoofrol was as Nonnie in die film Liewe Kersfeesvader en die volgende hoofrol as die bruid in die film Wonderlus. Wonderlus is tot op hede een van haar uitdagendste rolle, wat ʼn teenstrydige emosionele situasie uitbeeld.
“Ek wou van kleins af nét dit doen. Daar gebeur net iets wanneer jy in die oomblik is en amper vergeet van die regte wêreld.” – Mila Guy
Film Yogi Bear, vertolk die rol van 'm ekstra Lagmense, vertolk die rol van Kleinsus Ballade vir ’n enkeling, vertolk die rol van Karlientjie Koekemoer Heidi, deel van die groep kinderstemme Sans Masker, dokumentêre video (2019) Vir Die Voëls, vertol die rol van ʼn vrou (2016) Vlugtig, kort film, vertolk die rol van Chantel (2017) Vuil Wasgoed, vertolk die rol van die verpleegster (2017) Liewe Kersfeesvader, vertolk die rol van Nonnie (2017) Wonderlus, vertolk die rol van die bruid (2017) Lunch with Hitler, kort film, vertolk die rol van Hanna (S)he, vertolk die rol van Ashley Axis Muni, kort film, vertolk die rol van Christine (2018) Desember, vertolk die rol van Estelle Soek jy ʼn lift, vertolk die rol van Karmen Stille Nag, vertolk die rol van Antoinette Miemie (en die meteoriet wat haar definitief gaan tref), kort film, vertolk die rol van Miemie Mr. Johnson, vertolk die rol van Helina (2020)
Televisie Binnelanders, vertolk die rol van Zanel Jordaan (2014) Vrydag Nag Laat, gaskunstenaar Ek Sit Vanaand Op Herhaal, vertolk die rol van 'n kliënt Sterlopers, seisoen 2, vertolk die rol van die meisie in die musiekvideo Sokhulu & Partners, seisoen 3, vertolk die rol van Hannelien du Toit Chin Up!, vertolk die rol van ʼn drawwer (2019) Phil 101, vertolk die rol van Kara (2017) Keeping Score, vertolk die rol van Benina Erfsondes, vertolk die rol van Mia Bedford Wives, vertolk die rol van Antoinette de Villiers Hotel, seisoen 3, vertolk die rol van Melanie Schmidt (2019) Alles Malan, vertolk die rol van Vicky Hotel, vertolk die rol van Melanie Schmidt (2020) 7de Laan, vertolk die rol van Lana Basson (2020) Legacy (2022)
Teater Die Intermissie, vertolk 'n improvisasierol Gevlek, vertolk die rol van Hester Gogola, vertolk die rol van 'n fasiliteerder Bat Boy The Musical, vertolk die hoofrol Blast From The Past, vertolk die hoofrol
Bronnelys
Eksterne skakels
Kategorie:Lewende mense Kategorie:Suid-Afrikaanse aktrises van die 21ste eeu Kategorie:Nieu-Seelandse aktrises van die 21ste eeu Kategorie:Geboortes in 1992