duimnael|280px|Kaart van die Wes-Kaap waarop die Kaapse Plooiberge aangedui word. Dit is nie deel van die Groot Eskarp nie (dié word in blou aangetoon). Die Kaapse Plooigordel strek so ver oos as Gqeberha, sowat 150 km buite die regterkant van die kaart.
Die Kaapse Plooigordel is ’n plooi-en-oorskuiwingsgordel uit die laat Paleosoïkum wat die opeenvolging van die lae afsetselgesteentes van die Kaapse Supergroep in die suidwestelike hoek van Suid-Afrika beïnvloed het. Die gesteentes is hoofsaaklik skalie en sandsteen, met die skalie (Bokkeveld-groep) in die valleibodems terwyl die erosiebestande sandsteen (Skiereiland-formasie) die parallelle bergreekse van die Kaapse Plooiberge vorm. Dié berge bereik ’n maksimum hoogte van 2 325 m by die Seweweekspoortpiek.
Die Kaapse Plooiberge vorm ’n reeks parallelle bergreekse wat 850 km ver al langs die suidwestelike kuslyn van Suid-Afrika afloop, vanaf die Sederberg 200 km noord van die Kaapse Skiereiland, en dan al langs die suidkus tot so ver as Gqeberha (Port Elizabeth), 650 km oos van die skiereiland. (Sien kaart regs.)
Geologiese oorsprong thumb|450px|links|’n Tydlyn van die aarde se geologiese geskiedenis, met nadruk op die gebeure in Suider-Afrika. Die geel blokkie wat C gemerk is, dui aan wanneer die Kaapse Supergroep afgeset is in verhouding tot die Karoo-supergroep, K, net daarna. Die W dui aan wanneer die Witwatersrand-supergroep afgeset is, baie vroeër. thumb|links|320px|Suid-Gondwana tydens die Kambrium tot Ordovisium. Die kontinente waarin die superkontinent eindelik opgebreek het, word in bruin aangedui. Die skeur wat Suider-Afrika en die Falklandplato geskei het, is oorvloei en het die Agulhassee gevorm. thumb|320px|links|’n Noord-suid-deursnee van die Agulhassee. Die bruin strukture is kontinentale plate, die dik swart laag links is die paleo-Pasifiese plaat, rooi dui die boonste aardmantel aan en blou die oorstroomde gebiede of oseaan. Op die boonste skets word die geologie van sowat 510 miljoen jaar gelede uitgebeeld, met die afsettings wat eindelik die Kaapse Supergroep sou vorm wat in die Agulhassee afsak. Die middelste skets wys die Falklandplato wat weer noordwaarts dryf om die Agulhassee toe te maak, wat veroorsaak dat die Kaapse Supergroep in ’n reeks plooie gedruk word, wat hoofsaaklik tussen wes en oos loop. Die onderste skets wys hoe die subduksie van die paleo-Pasifiese plaat onder die Falklandplato tydens die vroeë Perm ’n enorme bergreeks laat ontstaan. Dit is eindelik weggevreet om die Karoo-binnesee te vorm. thumb|240px|Geplooide rotsformasies van die Swartberg thumb|240px|’n Geologiese deursnee van wes tot oos deur tafelberg, die Kaapse Vlakte (die landengte wat die skiereiland met die vasteland verbind) en die Hottentots-Hollandberge op die vasteland. Dit wys hoe die Kaapse Plooiberge in hierdie streek deur erosie weggevreet is en net Tafelberg met sy plat bokant, wat eens die bodem van ’n vallei was, agtergelaat het. thumb|240px|’n Satellietfoto van Tafelberg en Kaapstad. Die rotse is afgeset as sediment in ’n skeurvallei wat tydens die periodes Kambrium en Ordovisium (sowat 510 miljoen tot 330-350 miljoen jaar gelede) in die suide van die superkontinent Gondwana ontstaan het, net suid van die huidige Suider-Afrika.Compton, J.S. (2004).The Rocks and Mountains of Cape Town. p. 24-26, 44–70. Double Storey Books, Cape Town.McCarthy, T., Rubridge, B. (2005). The Story of Earth and Life. pp. 159–161, 182, 187–199, 202–207, 247–248, 267–269, 302. Struik Publishers, Cape TownTruswell, J.F. (1977). The Geological Evolution of South Africa. pp. 93–96, 114–159. Purnell, Cape Town. (Sien die geel blokkie wat C gemerk is op die aarde se geologiese tydlyn links.)
’n Laag afsetting van 8 km dik, bekend as die Kaapse Supergroep (sien onder), het op die bodem van die skeurvallei versamel. Die sluiting van die skeurvallei, wat 330 miljoen jaar gelede begin het, is veroorsaak deur die ontwikkeling van ’n subduksiesone aan die suidgrens van Gondwana en die daaropvolgende verskuiwing van die Falklandplato terug na Afrika tydens die periodes Karboon en vroeë Perm. Die Kaapse Supergroep is in ’n reeks parallelle plooie gedruk wat hoofsaaklik tussen oos en wes loop. Ná die sluiting van die skeurvallei het die voortgesette subduksie van die paleo- Pasifiese Plaat onder die Falklandplato en die daaropvolgende botsing van laasgenoemde met Suider-Afrika ’n enorme bergreeks suid van die vorige skeurvallei opgestoot. Die geplooide Kaapse Supergroep het die noordelike voorheuwels van hierdie hoë bergreeks gevorm.
Die gewig van die berge van die Falkland-Kaapse Supergroep het veroorsaak dat die kontinentale kors van Suider-Afrika gesak het, en so is ’n bekken gevorm waarin die Karoo-supergroep afgeset is. Eindelik is ’n groot deel van die Kaapse Supergroep onder hierdie Karoo-afsettings begrawe, maar dit het weer as berge verskyn met die styging van die subkontinent sowat 180 miljoen jaar gelede, en weer 20 miljoen jaar gelede. Hiermee is ’n tydperk van aanhoudende erosie begin wat baie kilometers van die oppervlak van Suider-Afrika verwyder het. Hoewel die bokant van die oorspronklike Kaapse Plooiberge deur erosie weggevreet is, het dit stadiger verloop as met die aansienlik sagter Karoo-afsetting noord daarvan. Dus het die Kaapse Plooigordel uit die weggevrete Afrika-landskap verrys en die parallelle bergreekse gevorm wat vandag 800 km ver aan die suidelike en suidwestelike kuslyn van die Wes-Kaap loop. Eintlik vorm hulle die kuslyn – hulle loop óf steil af tot in die see óf hulle word deur ’n relatief smal kusvlakte van die see geskei.
Die grootste deel van die Falklandbergreeks was waarskynlik teen die middel van die Jura deur erosie weggevreet, en dit het suidwes begin verskuif kort ná die verbrokkeling van Gondwana 150 miljoen jaar gelede. Dit het veroorsaak dat die Kaapse Plooigordel die suidekant van die nuut gevormde kontinent Afrika gevorm het. Hoewel die berge baie oud is in vergelyking met die Andes en Alpe, het hulle steil en ru gebly vanweë hulle kwartssandsteengeologie (sien onder), wat hulle bestand teen verwering maak. Tafelberg vorm deel van die Kaapse Plooigordel – dit bestaan uit strata van die Kaapse Supergroep wat hier die laagste (oudste) is. Dit word gevorm deur hoofsaaklik kwartssandsteen wat die indrukwekkende, feitlik vertikale kranse skep wat die berg en die res van die reeks wat die ruggraat van die Kaapse Skiereiland vorm, kenmerk.Compton, J.S. (2004).The Rocks and Mountains of Cape Town. p. 24-26, 44–70. Double Storey Books, Cape Town.
Die mate waarin die oorspronklike Kaapse Plooiberge (wat tydens die Karboon en vroeë Perm ontstaan het) deur erosie weggevreet is, word bewys deur die feit dat die 1 km hoë Tafelberg op die Kaapse Skiereiland ’n plooidalberg is, wat beteken dit het deel gevorm van die bodem van ’n vallei toe die Kaapse Supergroep aanvanklik geplooi is. Die plooirug, of hoogste deel van die plooi tussen Tafelberg en die Hottentots-Hollandberge (1,2 tot 1,6 km hoog), aan die ander kant van die landengte wat die skiereiland met die vasteland verbind, is deur erosie weggevreet. Die Malmesbury-skalie en granietgesteente waarop hierdie plooirug gelê het, het ook ’n plooirug gevorm, maar omdat dit uit baie sagter gesteentes bestaan het, is dit weggevreet tot ’n 50 km breë, plat vlakte (wat nou deur sand bedek is), bekend as die Kaapse Vlakte.
Die berge van die Kaapse Plooigordel strek van omtrent Clanwilliam (sowat 200 km noord van Kaapstad) tot by omtrent Gqeberha (sowat 650 km oos van Kaapstad). Die afsetting van die Kaapse Supergroep buite hierdie punte is nie in berge geplooi nie, maar vorm plek-plek steil kranse of klowe, waar die omringende afsetting weggevreet is (’n voorbeeld is die Oribiravyn in die suide van KwaZulu-Natal).
Hoewel die berge nie baie hoog is nie, is hulle majestueus en dramaties. Dit is danksy verskeie geologiese faktore. Die reeks het gewoonlik min of geen voorheuwels nie en styg direk vanuit die valleie omhoog. Die basis van die berge is gewoonlik op of naby die seevlak.
Kaapse Supergroep Die berge van die Kaapse Plooigordel bestaan uit gesteentes wat tot die Kaapse Supergroep behoort; laasgenoemde strek veel verder as die plooigordel. Die supergroep word in verskeie groepe verdeel.
Die westelike en suidelike dele van die supergroep is in ’n reeks berge geplooi deurdat die Falklandplato gebots het teen wat later Suid-Afrika sou word (sien sketse links). Die hele supergroep in hierdie streek loop egter laer na die noorde en ooste, sodat die oudste gesteentes in die suide en weste blootgelê is en die jongste gesteentes in die noorde, waar die hele Kaapse Supergroep onder die Karoogesteentes verdwyn. Boorwerk in die Karoo het onthul die Kaapse Supergroep se gesteentes word onder die oppervlak aangetref, tot sowat 150 km noord van die noordelikste punt waar hulle selfs op die oppervlak gesien kan word.
Die Kaapse Supergroep strek tot buite die plooigordel, tot in die Oos-Kaap en Noord-KwaZulu-Natal, waar geen plooiing plaasgevind het nie.
Klipheuwel- en Natal-groep Die aanvanklike afsetting in die skeurvallei wat in Suid-Gondwana ontstaan het (sien diagram links bo) was beperk tot die westelike en oostelike punte van die skeur. Riviere wat hier uitgeloop het, het sand en gruis vervoer wat die Klipheuwel-groep in die weste en die Natal-groep in die ooste gevorm het. Hierdie formasies bevat geen fossiele nie. Vandag is die Klipheuwel-groep op verskeie klein kolle naby Lambertsbaai, Piketberg en die suidwestelike Paarlrots blootgelê.Geological Map of South Africa, Lesotho and Swaziland. (1970). Council for Geoscience, Geological Survey of South Africa.
Die Natal-groep, wat soortgelyk aan die Tafelberg-groep is (sien onder), word aangetref in verskeie lang stroke naby die kus van die noordelike Oos-Kaap en KwaZulu-Natal. Dit word die indrukwekkende kranse van die Oribiravyn, en kan ook gesien word aan die kant van ’n pad tussen Durban en Pietermaritzburg, veral by die Marian Hill-tolplaza. Die grootste deel van die groep is weggevreet deur talle riviere, wat die getande plato's en eskarpe in die Durban-Pietermaritzburg-omgewing geskep het.Tankard, A.J., Jackson, M.P.A., Erikson, K.A., Hobday, D.K., Hunter, D.R., Minter, W.E.L. (1982) Crustal Evolution of Southern Africa: 3.8 Billion Years of Earth History. pp. 333–363. Springer-Verlag. New York.
Tafelberg-groep Namate die skeurvallei breër en dieper geword het, is die hele suidelike deel van wat Suid-Afrika sou word, oorstroom tot so ver as ’n lyn tussen Calvinia in die weste en Oos-Londen in die ooste, plus die KwaZulu-Natalse kuslyn. Dit het gelei tot ’n seestraat oor die suidelike en oostelike dele van die land wat die Agulhassee genoem word. Die seebodem het bestaan uit die Klipheuwel-groep in die weste, die Natal-groep in die ooste en geërodeerde pre-Kambriese gesteentes tussenin.
thumb|230px|Van die oostelike kranse van Tafelberg, bo die Universiteit van Kaapstad. Twee van die lae van die Tafelberg-groep wat op die Kaapse Skiereiland voorkom, die Graafwater- en die Tafelbergsandsteen- of Skiereiland-formasie, kan duidelik onderskei word. Die ander laag, die Pakhuis-formasie, vorm ’n klein oorblyfsel op Tafelberg en is nie op die foto sigbaar nie. Die granietfondament waarop die Tafelberg-groep lê, word deur die bome voor verberg.