Wentzel-se-suikerbos (Protea wentzeliana) is ’n struik wat hoort tot die bekende Proteagenus. Die spesie kom in die Chingamweberge in Zimbabwe, asook in Malawi, Mosambiek, suid-Tanzanië en sentraal-Angola voor. Die struik word tot 1,6 m hoog en blom hoofsaaklik van Mei tot Desember. Die stam is dun met min takkies aan.

Die plant spruit weer uit na 'n brand. Die saad word in 'n doppie geberg, vrygelaat nadat dit ryp is en word deur die wind versprei. Die plant is eenslagtig. Bestuiwing vind plaas deur die werking van kewers. Die plant groei op swakgedreineerde en nat grond in dongas en slote in miombo-boomland.

In Engels staan dit as Wentzel’s sugarbush bekend.

Galery

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome Lys van proteaspesies

Bronnelys Protea Atlas Biodiversityexplorer Zimbabwe Flora Plants of the World Online

Eksterne skakels

Kategorie:Protea Kategorie:Struike Kategorie:Flora van Angola Kategorie:Flora van Malawi Kategorie:Flora van Mosambiek Kategorie:Flora van Tanzanië Kategorie:Flora van Zimbabwe