Benjamin Schmid (13 September 1968, Wene) is 'n Oostenrykse violis.
Lewe en werk
Schmid het sy opleiding in Wene, Salzburg en Philadelphia ontvang. In 1991 het hy die 2de Internasionale Leopold Mozart Vioolkompetisie in Augsburg gewen. In 1992 het hy die Mozart - , Beethoven - en gehoortoekenning tydens die Carl Flesch-kompetisie gewen. Sy repertorium bevat werke vir viool en orkes, kamermusiek en jazz (Hommage à Grappelli). Hy fokus veral op die werke van Mozart, Beethoven, Schubert, Berg, Karl Goldmark, Korngold, Fritz Kreisler en Kurt Muthspiel. As jazz-musikant bemark hy homself onder die naam Beni Schmid. Benjamin Schmid het reeds talle kere as solis opgetree tydens konserte deur die Hamburger Symphoniker. Hy tree sedert 1986 gereeld op tydens die Salzburg-fees. Hy het sedert 2000 gereeld die solo-werke vir viool van Bach en Eugène Ysaÿe tydens drie-nagtelike siklusse gespeel. Benjamin Schmid gebruik die Stradivari-viool "ex Viotti" van 1718, wat aan hom geleen word deur die Österreichische Nationalbank. Schmid woon saam met sy vrou, die pianis Ariane Haering in Salzburg, waar hy ook 'n professoraat aan die Mozarteum beklee.
Toekennings Schmid se album Hot Club Jazz (Gramola plate-etiket) is in 2015 op die lys vir die Preis der Deutschen Schallplattenkritik (Albumprys van Duitse kritici) geplaas. Diknu Schneeberger, Joschi Schneeberger en Martin Spitzer speel in Schmid se jazzorkes.
Diskografie Friedrich Gulda: Concerto vir tjello en blaasinstrumentorkes (weergawe vir viool), Uni Mozarteum Records 9, 2016 Max Reger: Vioolconcerto, Chaconne vir soloviool, 2012 From Fritz to Django, 2007 BeniSchmidObsession: Hommage à Grappelli, 2006 Korngold: Vioolconcerto Op 35, Suite vir klaviertrio op 23, 2005 (lewendig opgeneem tydens die Salzburg-fees, 2004) Karl Goldmark: Vioolconcerto, Brahms: Dubbelconcerto, 2004 Eugène Ysaÿe: Sonates op 27 No. 1-6 (1924), 2003 J.S. Bach: Ses sonates vir viool en klavesimbel, 2003 Johann Sebastian Bach: volledige vioolwerke, 2003 Johann Sebastian Bach: Sonates en Partitas vir soloviool, 2003 Johann Sebastian Bach: Vioolconcertos, 2003 (Arte Nova) Brahms: Vioolconcerto, 2003 Pièces de Concert, 2003 Vivaldi: Die Vier Seisoene, Kreisler: Concerto in een beweging (na Paganini), 2003 Johann Sebastian Bach: Ses sonates vir soloviool met klavierbegeleiding, gerangskik deur Schumann, 1995
Eksterne skakels Tuisblad
Verwysings
Kategorie:Oostenrykse violiste Kategorie:Geboortes in 1968 Kategorie:Lewende mense