duimnael|Gramola se platewinkel op Graben geleë in die hartjie van Wene. Die winkel met sy dieprooi reklamebord staan regs. Gramola is die Oostenrykse been van die Brits-Tsjeggiese platemaatskappy van dieselfde naam wat in 1924 in Wene gestig is en aktief geword het op alle gebiede van klassieke musiek.
Dit het aanvanklik gefokus op die groot komponiste van Weense klassieke musiek, soos Haydn, Mozart, Beethoven en Schubert, maar die platemaatskappy se fokus val sedertdien veral op laserskyf-produksie en die bevordering van jong Oostenrykse musikante, of musikante wat tans in Oostenryk woon. Met 100 jaarlikse nuwe vrystellings, hoofsaaklik van die werk van Oostenrykse kunstenaars, is die maatskappy die oudste en die grootste klassieke plate-etiket in Oostenryk.
Gramola werk tans saam met exil.arte, 'n organisasie wat gewy is aan navorsing oor, en bewaring van werke, deur Oostenrykse komponiste en musikoloë wat tydens Nasionale-Sosialisme uitgestoot, verban of vermoor is.
Lys van Gramola-kunstenaars Glenn Gould Friedrich Gulda Rico Gulda Herbert von Karajan Benjamin Schmid
Verwysings
Eksterne skakels
Gramola se amptelike webwerf Gramola op Discogs
Kategorie:Platemaatskappye Kategorie:Oostenrykse maatskappye Kategorie:Wene Kategorie:1924