Die geelsuikerbos (Protea aurea) is 'n blomdraende struik wat aan die bekende Proteagenus behoort. Dit staan ook as die langknopsuikerbos bekend. Die spesie is endemies aan Suid-Afrika en kom in Riviersonderend, die Langeberg en Outenikwaberge voor waar dit deel van die fynbosbioom is. Die struik is groot en word tot 5 m hoog en blom hoofsaaklik van Januarie tot Junie.

Die plant gaan dood na 'n brand maar die sade oorleef. Die saad word in 'n doppie geberg en vrygelaat na dit ryp geword het en deur die wind versprei. Die plant is eenslagtig. Bestuiwing vind plaas deur die werking van voëls. Die plant groei in sanderige grond op hoogtes van 150 - 800 m.

Die boom se FSA-nommer is 90.3.https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/ In Engels staan dit as die Common shuttlecock sugarbush bekend.

Die plant het ook 'n subspesie: Protea aurea subs. potbergensis wat net op die Potberg voorkom.

Infraspesies Die spesie het twee infraspesies: Protea aurea subsp. aurea Protea aurea subsp. potbergensis (Rourke) Rourke

Galery

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome Lys van proteaspesies

Verwysings

Bronnelys REDLIST Sanbi Protea Atlas Biodiversityexplorer Plants of the World Online

Eksterne skakels

Kategorie:Protea Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika