Die Inyanga-suikerbos (Protea asymmetrica) is 'n blomdraende struik wat tot die bekende Proteagenus behoort. Die spesie is endemies aan Zimbabwe waar dit voorkom in die Inyanganiberge en Chingamwe-plato. Die struik word tot 1,6 m hoog en blom hoofsaaklik van Junie tot Augustus.
Die plant spruit weer uit na 'n brand. Die saad word in 'n doppie geberg en vrygelaat na hulle ryp is en word deur die wind versprei. Die plant is eenslagtig. Bestuiwing vind plaas deur die werking van kewers. Die plant groei op grasvelde op hoogtes van 2 000 m.
In Engels staan dit as die Inyanga sugarbush bekend.
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome Lys van proteaspesies
Bronnelys Protea Atlas Biodiversityexplorer Zimbabwe flora Plants of the World Online
Kategorie:Protea Kategorie:Struike Kategorie:Flora van Zimbabwe Kategorie:Endemiese plante van Zimbabwe