Marie-se-roossuikerbos (Protea vogtsiae) is 'n blomdraende struik wat aan die bekende Proteagenus behoort. Die spesie is endemies aan Suid-Afrika en kom in die Outeniekwa-, Kouga- en Baviaanskloofberge voor waar dit deel van die fynbosbioom is. Die struik is klein en het 'n deursnee van 50 cm en word net 25 cm hoog en blom hoofsaaklik van Augustus tot November.

Die plant vrek in 'n brand maar die sade oorleef. Die saad word in 'n doppie geberg, na twee jaar vrygelaat en deur die wind versprei. Die plant is eenslagtig. Bestuiwing vind plaas deur die werking van knaagdiere. Die plant groei op steil, rotsagtige, suidelike hellings in sandsteengrond op hoogtes van 1 000 - 1 500 m.

In Engels staan dit as die Kouga sugarbush bekend.

Galery

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome Lys van proteaspesies

Bronnelys Biodiversityexplorer Protea Atlas REDLIST Sanbi Plants of the World Online

Kategorie:Protea Kategorie:Struike Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika