Die heuningkoeksuikerbos (Protea sulphurea) is 'n blomdraende struik wat hoort tot die bekende Proteagenus. Die spesie is endemies aan Suid-Afrika, dit kom voor vanaf die Hexrivierberge tot die Swartberg en Waboomsberg en is deel van die fynbos-bioom. Die struik is laag en dig en word slegs 50 cm hoog en blom hoofsaaklik van April tot Augustus.
'n Brand vernietig die plant maar die sade oorleef. Die saad word in 'n doppie geberg en daarna deur die wind versprei. Die plant is eenslagtig en bestuiwing vind plaas deur die werking van voëls. Die plant groei in droë, sandsteengrond op hoogtes van bo seevlak.
In Engels staan dit as die Sulphur sugarbush bekend.
Galery
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome Lys van proteaspesies
Bronnelys Protea Atlas REDLIST Sanbi Biodiversityexplorer Plants of the World Online
Kategorie:Protea Kategorie:Struike Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika