300px|Yamato on trials, 1941 Akagi vlugoperasies, April 1942 Loopbaan 45px|RondeelBestel:1920Neergelê:6 Desember 1920Te water gelaat:22 April 1925Indiensneming:25 Maart 1927Lot:Beskadig deur Amerikaanse lugaanval tydens die Slag van Midway en gekelder op 5 Junie 1942 Algemene EienskappeVerplasing:36 500 ton (leeg); 41 300 ton (geskat, volle vrag)Lengte:260,67 m Breedte:31,32 m Diepgang:8,71 m maksimumAandrywing:4 stoomturbines133 000 spk (99 000 kW),aangedryf deur 19 waterverkoelde ketels,vier lemskroeweSpoed:31,5 knope (58,3 km/h)Reikafstand:19 000 km teen 16 knope (30 km/h)Bemanning:1 630Pantser:152 mm sypantser79 mm gepantserde dekBewapening:6 x 20 cm kanonne6 x 12 cm lugafweer14 x 25 mm lugafweerVliegtuie:66 (+25 reserwes)21 Mitsubishi A6M Zero18 Aichi D3A27 Nakajima B5N (7 Desember 1941) Die Akagi (Japannees: 赤城) was 'n vliegdekskip van die Japannese Keiserlike Vloot gedurende die Tweede Wêreldoorlog. Die 'Akagi' (letterlik: Rooi Kasteel) is vernoem na 'n vulkaan in die Kanto-streek van Japan. Dit is in Kure gebou, aanvanklik as 'n gevegskruiser van die Amagi-klas, maar na 'n vlootooreenkoms tussen die Verenigde State en Japan, is die skip as 'n vliegdekskip omgebou. Later is die drie vliegtuigdekke van die skip vervang deur een vliegtuigdek, byna die hele lengte van die skip.
Die Akagi het 'n rol gespeel in die aanval op Pearl Harbor op 7 Desember 1941. Tydens die Slag van Midway was die Akagi die vlagskip van Admiraal Chuichi Nagumo, wat ook die drie ander vliegdekskepe - Soryu, Hiryu en Kaga en die aanvalsvloot aangevoer het. Tydens die geveg is die Akagi onherstelbaar beskadig, waarna dit op 5 Junie 1942 deur Japannese skepe gekelder is.
Literatuur Kolonel A. J. Barker - Midway: Keerpunt in de Stille Oceaan - Tweede Wereldoorlog - Standaard uitgewery - Antwerpen/Utrecht
Eksterne skakels
Kategorie:Geskiedenis van Japan Kategorie:Skepe betrokke in Tweede Wêreldoorlog