Die Swartbergsuikerbos (Protea montana) is 'n blomdraende struik wat aan die bekende Proteagenus behoort. Die spesie is endemies aan Suid-Afrika en kom voor in die Swartberg en Kammanassieberge waar dit deel van die fynbos-bioom is. Die struik vorm digte, lae matte tot 4 m in deursnee en blom hoofsaaklik van Februarie tot Junie.
Die plant vrek in 'n brand maar die sade oorleef. Die saad word geberg in 'n doppie, na twee jaar vrygelaat en deur die wind versprei. Die plant is eenslagtig. Bestuiwing vind plaas deur die werking van knaagdiere. Die plant groei op die steil, boonste berghellings op hoogtes van 1 600 - 2 000 m.
In Engels staan dit as die Swartberg sugarbush bekend.
Galery
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome Lys van proteaspesies
Bronnelys REDLIST Sanbi Protea Atlas Plants of the World Online
Kategorie:Protea Kategorie:Struike Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika