Antoinette Kellermann is 'n Suid-Afrikaanse aktrise en dosent gebore op 22 Januarie 1952 in Bellville, Wes-Kaap gebore, en het na skool drama aan die Universiteit Stellenbosch gestudeer. Sy is ewe gemaklik op die verhoog as voor die kameras, en is bekend om haar sterk vertolking van karakters. Behalwe vir haar werk as aktrise, was sy ook ʼn dosent aan die Universiteit van Stellenbosch se dramadepartement.
Na haar studies voltooi is het sy by streeksrade begin werk; onder andere by TRUK en KRUIK. Tydens haar kontrakwerk was sy betrokke in verskeie toneelstukke wat haar loopbaan as aktrise help vestig het. Sy het die rol van Merteuil in Heiner Müller se Quartet vertolk, Lucienne in Hond se Gedagte, Adriana in André P. Brink se Kinkels innie kabel, Helena Alving in Hendrik Ibsen se Spoke, Madame de Motrieul in Madame de Sade asook verskeie rolle in Pieter Dirk Uys se Die Van Aardes van Grootoor.
Na 1994 het sy begin met vryskutwerk en sedertdien vele toekennings verwerf. Sy het onder andere in Reza de Wet se Breathing In, Die blou uur en Verleiding gespeel. In 2008 het die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns haar vereer vir haar bydrae tot Suid-Afrikaanse teater. Kellermann is bekend daarvoor dat sy mansrolle vertolk, byvoorbeeld in rol van Prosperro in Die Storm, Farenji in Breyten Breytenbach se Boklied, die rol van Martiens in Die Toneelstuk, koning Duncan in Macbeth Slapeloos en die tweeledige rol van Cauchon/De Malestrois in Tom Lanoye se Bloed en rose: Die lied van Jeanne en Gilles.
Met die ervaring van mansrolle wat sy vertolk het, hy sy ook haar tesis vir haar Meestersgraad in 2012 baseer op mansrolle wat deur vroulike spelers vertolk word.
In 2012 het Antoinette vyf toekennings ontvang vir haar eenvrouvertoning vir As die broek pas, wat sy ook in Engels opgevoer het as Man to Man.
In Tennessee Williams se Die melktrein stop nie hier nie, het sy die rol van Josfine Samsa vertolk. Sy het ook gespeel in ʼn verwerking van Dot Serfontein se Samsa-masjien deur Willem Anker.
Loopbaan Behalwe vir streeksrade waar Antoinette kontrakwerk gedoen het, het sy en Marthinus Basson, met wie sy baie nou saamwerk, ook hul eie produksiemaatskappy genaamd Vleis, Rys en Aartappels. Sy is sedert 2002 verbonde aan die Universiteit van Stellenbosch, nadat sy klas gegee het aan die Pretoria Technikon se tak in Kaapstad.
Teater Tartuffe (Nico Malan Theatre) met Ernst Eloff (1991) Die Keiser – deur Bartho Smit (1992) Is die Muis Baas, (1994) Oscar in Afrika (Aardklop kunstefees, 1999) Ek, Anna van Wyk (1999/2008) Breathing In – deur Reza de Wet (2004) Drie Susters Twee, saam met Alida Theron and Grethe Fox. Jan en die Boontjierank (pantomine) saam met Tobie Cronjé, Hélène Truter en James Borthwick. Toere saam met die Handspring Puppet Maatskappy. Tango del Fuego saam met Dawid Minnaar. Snakebird deur Laraine Lane (2001) Mamma Medea (2003 Romeo en Julia (Vleis, Rys en Aartappels, 2005), Lang Dagreis na die Nag (Vleis, Rys en Aartappels) (2008) ʼn Ander Tongval (Vleis, Rys en Aartappels (2008) Samsa-Masjien (2015) Macbeth Slapeloos (2015)
Filmografie Silas en die Ysbeer op TafelbergRolprentAs Ouma2026Die Vlieënde SpringbokkieTelevisiereeksVertolk die rol van Pat2016PlankekoorsKortfilmVertolk die rol van Maria Fouché2015Mad Max: Fury Road The VuvaliniRolprentAs Antoinette Kellerman2009EersgeboreneKortfilmVertolk die rol van die moeder2007Geraldina die TweedeTelevisiereeksVertolk die rol van Greta Koorts2007Known GodsTelevisiereeksVertolk die rol van Herman Liebenberg2005Song vir KatrynTelevisiereeksVertolk die rol van Hanna Venter2003ArsenaalTelevisiereeksVertolk die rol van Cecilia Heyns2002SoutmanslandTelevisiereeks2000Saints, Sinners and SettlersTelevisiereeksVertolk die rol van Christina Hofmeyr1999Kirikou and the Sorceress KarabaRolprent1998Die Vierde KabinetTelevisiereeksVertolk die rol van Mev. Gouws1998If This Be TreasonTelevisiereeksVertolk die rol van Mev. Niemand1995SleurstroomTelevisiereeksVertolk die rol van Lorette Malan1995ParadayTelevisiereeks1994ToringsTelevisiereeksVertolk die rol van Joey1993GlaskasteelTelevisiereeksVertolk die rol van Olga Brink1993UitdraaiTelevisiefilmMev. Naudé1998Ou GroteTelevisiereeksVertolk die rol van Louisa Drake1987SterretjieRolprentVertolk die rol van Kapt. Engelbrecht1987Phoenix & KieTelevisiereeksVertolk die rol van ʼn danser1979
Toekennings Fleur du Cap-teatertoekenning vir haar rol as Lucienne in Hond se Gedagte (Beste ondersteunende rol) (1988) Fleur du Cap-teatertoekenning vir haar rol as Adriana in Kinkels innie Kabel. (Beste Aktrise) (1989) Fleur du Cap-teatertoekenning vir haar rol as Helena Alving in Spoke. (Beste Aktrise) (1990) Fleur du Cap-teatertoekenning vir haar rol as Madame de Montrieul in Madame de Sade. (Beste ondersteunende rol) (1997) Fleur du Cap-teatertoekenning vir haar rol as Anna in Ek, Anna van Wyk. (Beste Aktrise) (1999) Computicket-toekenning vir haar rol as Cymbeline in Die Tragedie. (1993) Erepenning vir Toneelkuns toegeken deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kunspryse (2008) In 2010 ontvang Antoinette Kellerman vyf toekennings vir haar eenvrouvertoning: As die broek pas wat sy ook in Engels aangebied het: Man to Man – onder andere ʼn KKNK Kanna vir Beste Aktrise, ʼn Aardklop-toekenning vir Beste Aktrise en ʼn kykNET Fiesta-toekenning vir Beste Aktrise en solo-vertoning.
Bronnelys https://static1.squarespace.com/static/5429657be4b0a449ee2cb996/t/5809df458419c26e77e908da/1477041992354/Antoinette+Kellerman+CV.pdf https://www.tvsa.co.za/actors/viewactor.aspx?actorid=614 https://www.imdb.com/name/nm0445826/ https://esat.sun.ac.za/index.php/Antoinette_Kellermann
Kategorie:Suid-Afrikaanse aktrises Kategorie:Suid-Afrikaanse aktrises van die 20ste eeu Kategorie:Suid-Afrikaanse aktrises van die 21ste eeu Kategorie:Geboortes in 1952 Kategorie:Lewende mense