'n Kuber-fisiese stelsel (KFS) is 'n stelsel waarin 'n meganisme deur rekenaargebaseerde algoritmes beheer of gemonitor word. In kuber-fisiese stelsels is die fisiese en sagtewarekomponente diep verweef, en in staat om op verskillende ruimtelike en temporale vlakke te werk, veelvuldige en duidelike gedragsmodaliteite te toon en met mekaar te kommunikeer op maniere wat met konteks kan verander."US National Science Foundation, Cyber-Physical Systems (CPS) " Voorbeelde van KFS sluit in ‘n slim-eletrisiteitnetwerk, outonome motorstelsels, mediese monitering, industriële beheerstelsels, robotika-stelsels en outomatiese vliegtuie.

KFS behels transdissiplinêre benaderings, samesmeltingsteorie van kubernetika, megatronika, ontwerp en proseswetenskap.Lee, E.A., Seshia, S.A.: Introduction to Embedded Systems - A Cyber-Physical Systems Approach. LeeSeshia.org, 2011.Suh, S.C., Carbone, J.N., Eroglu, A.E.: Applied Cyber-Physical Systems. Springer, 2014. Daar word dikwels na die prosesbeheer verwys as ingebedde stelsels. KFS is ook soortgelyk aan die Internet van Dinge en deel dieselfde basiese argitektuur. Nietemin bied KFS 'n hoër kombinasie en koördinasie tussen fisiese en rekenaar berekeningselemente.

Voorgangers van kuber-fisiese stelsels kan gevind word in so uiteenlopende gebiede soos lug- en ruimtevaart, die motorindustrie, chemiese prosesse, siviele infrastruktuur, energie, gesondheidsorg, vervaardiging, vervoer, vermaak en verbruikersapparate.Khaitan et al., "Design Techniques and Applications of Cyber Physical Systems: A Survey", IEEE Systems Journal, 2014.

Kuber-fisiese stelsels is ‘n belangrike manifestasie van die samesmelting van tegnologieë wat die grense tussen die fisiese, digitale en biologiese sfere vervaag en die grondslag vorm van die Vierde Industriële Revolusie (4IR).

Verwysings

Verdere leeswerk Edward A. Lee, Cyber-Physical Systems - Are Computing Foundations Adequate? Paulo Tabuada, Cyber-Physical Systems: Position Paper Rajesh Gupta, Programming Models and Methods for Spatio-Temporal Actions and Reasoning in Cyber-Physical Systems E. A. Lee and S. A. Seshia, Introduction to Embedded Systems - A Cyber-Physical Systems Approach, http://LeeSeshia.org, 2011. Altawy R., Youssef A., Security Trade-offs in Cyber Physical Systems: A Case Study Survey on Implantable Medical Devices Ahmad I., Security Aspects of Cyber Physical Systems

Kategorie:Internet