Gelasius I was die 49ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk.
Biografie Pous Gelasius I word gesien as die derde pous wat van Afrika afkomstig is. Hy is in Kabylie gebore. Op 1 Maart 492 volg hy Pous Felix III op en regeer tot sy dood op 19 November 496. Hy word opgevolg deur Pous Anastasius II. Die naam ‘Gelasius’ beteken 'die vrolike' in Grieks.
Pontifikaat Die pontifikaat van Gelasius word gesien as 'n voortsetting van die bewind van Pous Felix III. Veral die stryd met die monofisiete duur voort. Gelasius skryf 'n boek "De duabus in Christo naturis" (oor die dualiteit van die natuur van Christus). In 'n brief aan keiser Anastasius I van die Oos-Romeinse Ryk stel hy die duidelik dat die kerklike gesag wat van God kom, hoër is as die wêreldlike gesag van die keiser. Hierdie stelling sal later bekend staan as die "Twee-magte-leer".
Tydens Gelasius se pontifiaat word die kanon van die Bybel vasgestel tydens 'n sinode in Rome in 494. Hierdie stelling word bevraagteken en die sinode het dalk nooit plaasgevind nie.Tertullian : F.C. Burkitt, Review of The decretum Gelasianum, Journal of Theological Studies 14 (1913) bl. 469–471 Gelasius het baie geskrywe, daar het 42 briewe, 49 fragmente van briewe en 6 traktaatjies van hom bewaar gebly.
Verering Pous Gelasius I word as heilige vereer in die Rooms-Katolieke Kerk. Sy feesdag is op 21 November, die dag van sy begrafnis.
Verwysings Davis, R. (2001) Book of the Pontiffs (English Translation of the Liber Pontificalis) Liverpool University Press.
Eksterne skakels
Ekumeniese Heiligesleksikon
Nota Saamgestel en vertaal uit die Nederlandse, Engelse, Duitse en Franse Wikipedia's.
Opvolging
Kategorie:Pouse Kategorie:Heiliges in die Christendom Kategorie:Geboortes in 410 Kategorie:Sterftes in 496