Die Pritzker-prys vir argitektuur (Engels: Pritzker Architecture Prize) is die mees prestigieuse toekenning op die gebied van argitektuur en word deur die Amerikaanse Hyatt-stigting jaarliks aan 'n lewende argitek (of meerdere argitekte) toegeken wat met sy werk 'n beduidende bydrae tot die argitektoniese kuns en die menslike kultuur gelewer het. Arch Daily, 3 Maart 2019: Who has won the Pritzker Prize? Besoek op 8 Mei 2019

Die prys is in 1979 deur Jay A. Pritzker (1922–1999), die stigter van die Hyatt-hotelgroep, en sy vrou Cindy in die lewe geroep en is ná sy afsterwe deur die Hyatt-stigting toegeken. Die toekenning geniet in die argitektuur dieselfde internasionale erkenning soos die Nobelprys op die gebied van die letterkunde, ekonomie en natuurwetenskappe en vestig die publiek se aandag op argitektuur as 'n belangrike kunsvorm wat 'n groot invloed op die maatskappy uitoefen.

Naas 'n argitek se bydrae tot die internasionale boukuns word ook die vernuwende gehalte en finesse van sy argitektoniese gedagte by die uitvoering van sy werk as 'n kriterium vir die prystoekenning in ag geneem. Daarnaas speel ook die manier waarop moderne boutegnologie by die werk ingespan is 'n belangrike rol.

Die wenner ontvang 'n prysgeld van VSA-$ 100 000 en 'n bronsmedalje, maar trek veral voordeel uit die internasionale erkenning as 'n meester-argitek en die belangstelling van bouontwikkelaars in sy vaardighede wat uit die prystoekenning voortspruit.

Wenners van die Pritzker-prys vir argitektuur 1979–2026 Jaar Wenner Land Plek van prystoekenning 1979 Philip Johnson Verenigde State Dumbarton Oaks, Washington, D.C. 1980 Luis Barragán Meksiko Dumbarton Oaks, Washington, D.C.1981James Stirling Verenigde Koninkryk National Building Museum, Washington, D.C.1982Kevin Roche Verenigde State The Art Institute, Chicago (Illinois)1983Ieoh Ming Pei Verenigde State Metropolitan Museum of Art, New York1984Richard Meier Verenigde State National Gallery of Art, Washington, D.C.1985Hans Hollein Oostenryk Huntington Library, Art Collections and Botanical Gardens, San Marino (Kalifornië) 1986 Gottfried Böhm Duitsland Goldsmiths' Hall, Londen (Engeland) 1987 Kenzo Tange Japan Kimball Art Museum, Fort Worth (Texas) 1988 Gordon NunshaftOscar Niemeyer Verenigde StateBrasilië The Art Institute, Chicago (Illinois) 1989 Frank Gehry Verenigde State Todaiji-tempel, Nara (Japan) 1990 Aldo Rossi Italië Palazzo Grassi, Venesië (Italië) 1991 Robert Venturi Verenigde State Palacio de Iturbidi, Meksikostad 1992 Álvaro Siza Portugal Harold Washington Library Center, Chicago (Illinois) 1993 Fumihiko Maki Japan Kasteel van Praag, Tsjeggiese Republiek 1994 Christian de Portzamparc Frankryk The Commons, Columbus (Indiana) 1995 Tadao Ando Japan Grand Trianon en Kasteel van Versailles (Frankryk) 1996 Rafael Moneo Spanje Bouterrein van The Getty Center, Los Angeles (Kalifornië) 1997 Sverre Fehn Noorweë Bouterrein van die Guggenheim-museum, Bilbao (Spanje) 1998 Renzo Piano Italië Withuis, Washington, D.C. 1999 Sir Norman Foster Verenigde Koninkryk Altes Museum, Berlyn (Duitsland) 2000 Rem Koolhaas Nederland Argeologiese Park van Jerusalem (Israel) 2001 Jacques HerzogPierre de Meuron Switserland Thomas Jefferson se Monticello, Virginië 2002 Glenn Murcutt Australië Michelangelo se Campidoglio, Rome (Italië) 2003 Jørn Utzon Denemarke Koninklike Akademie van die Skone Kunste, Madrid (Spanje) 2004 Zaha Hadid Verenigde Koninkryk Sint Petersburg (Russiese Federasie) 2005 Thom Mayne Verenigde State Pritzker-pawiljoen, Millennium Park (Chicago) 2006 Paulo Mendes da Rocha Brasilië Dolmabahçe-paleis, Istanboel (Turkye) 2007 Richard Rogers Verenigde Koninkryk The Banqueting House, Londen 2008 Jean Nouvel Frankryk Kongresbiblioteek, Washington, D.C. 2009 Peter Zumthor Switserland Wetgewende Paleis van die Stadsraad, Buenos Aires 2010 Kazuyo Sejima en Ryue Nishizawa (SANAA) Japan Ellis-eiland, New York 2011 Eduardo Souto de Moura Portugal Estádio Municipal de Braga, Braga 2012 Wang Shu Volksrepubliek China Groot Saal van die Volk, Beijing 2013 Toyo Ito Japan Presidensiële John F. Kennedy-biblioteek en -museum, Boston 2014 Shigeru Ban Japan Rijksmuseum, Amsterdam 2015 Frei Otto Duitsland New World Center, Miami 2016 Alejandro Aravena Chili United Nations Headquarters, New York 2017 Rafael Aranda, Carme Pigem & Ramón Vilalta (RCR Arquitectes) Spanje Akasaka-paleis, Tokio 2018 B. V. Doshi (Vastu Shilpa Consultants) Indië Aga Khan Museum, Toronto 2019 Arata Isozaki Japan Paleis van Versailles, Parys 2020 Yvonne Farrell en Shelley McNamara (Grafton Architects) The Pritzker Architecture Prize: Announcing the 2020 Pritzker Prize Laureates: Yvonne Farrell and Shelley McNamara. Besoek op 3 Maart 2020 Republiek Ierland aanlyn 2021 Anne Lacaton en Jean-Philippe Vassal (Lacaton & Vassal) Why Lacaton & Vassal Won the 2021 Pritzker Prize. Besoek op 17 Maart 2021 Frankryk aanlyn 2022 Diébédo Francis Kéré Pritzker Prize Goes to Architect From West Africa. Besoek op 7 Oktober 2024 Burkina FasoDuitsland LSE Marshallgebou, Londen 2023 David Chipperfield David Chipperfield awarded 2023 Pritzker Prize. Besoek op 7 Oktober 2024 Verenigde Koninkryk Antieke Agora van Athene 2024 Riken Yamamoto Japan Kunsinstituut van Chicago 2025 Liu Jiakun Pritzker Prize goes to Liu Jiakun of China, an architect who celebrates lives of ordinary citizens. Besoek op 7 Maart 2025 Volksrepubliek China Louvre Aboe Dhabi 2026 Smiljan Radić Clarke A Chilean Master of Modest Design Wins Architecture's Top Prize. Besoek op 19 Maart 2026 Chili waarskynlik Barcelona

Verwysings

Bronnelys Abbate, Jay en Thomsett, Michael C.: Celebrating the Art of Architecture. 25 Years of Pritzker Prize Winning Architects. Columbia, MD: Marketplace Books 2004

Eksterne skakels

Die amptelike webwerf van die Pritzker-prys

Kategorie:Argitektuur Kategorie:Toekennings