Johanna van Arkel (Frans: Jeanne d'Arc, [ʒanˈdaʁk]),Haar naam is op 'n verskeidenheid van maniere geskryf, veral voor die middel van die 19de eeu. Sien Pernoud en Clin, pp. 220/221. Sy het blykbaar haar naam geteken as "Jehanne" (sien www.stjoan-center.com/Album/, parts 47 en 49; dit word ook in Pernoud en Clin aangegee). (c. 1412 – 30 Mei 1431) was 'n 15de-eeuse volksheldin van Frankryk. Sy is van kettery aangekla en tereggestel toe sy slegs 19 jaar oud was. Die veroordeling is 24 jaar later deur die pous herroep en sy is onskuldig bevind en tot martelaar verklaar. Sy is in 1909 salig verklaar en in 1920 tot heilige verklaar.Moderne biografieë gee haar geboortedatum baiekeer as 6 Januarie aan, hoewel sy haar eie ouderdom slegs kon skat. Al die getuies by haar herverhoor het haar ouderdom op soortgelyke wyse geskat al was verskeie van hulle peetouers. Die 6 Januarie-bewering is gegrond op 'n enkele bron: 'n brief van Lord Perceval de Boullainvilliers op 21 Julie 1429 (sien Pernoud's Joan of Arc By Herself and Her Witnesses, bl. 98: "Boulainvilliers tells of her birth in Domrémy, and it is he who gives us an exact date, which may be the true one, saying that she was born on the night of Epiphany, January 6"). Boulainvilliers was egter nie van Domrémy afkomstig nie. Die gebeurtenis is waarskynlik nie aangeteken nie. Die gebruik om kerkboeke te hou vir nie-adellike geboortes is eers verskeie veldslae later begin.

Johanna het beweer dat sy visioene van God gehad het waarin sy aangesê is om haar land van Engelse oorheersing te bevry laat in die Honderdjarige Oorlog. Die ongekroonde Koning Karel VII het haar ná die beleg by Orléans (wat van 1428 tot 1429 geduur het) gestuur as deel van 'n sending om die stad te bevry. Sy het bekendheid verwerf toe sy die minagtende houding van die ervare bevelvoerders oorkom het en die beleg in slegs nege dae opgehef het. Verskeie ander snelle oorwinnings het gelei tot Karel VII se kroning by Reims, wat die dispuut om die troonopvolging besleg het.

Die hernude Franse selfvertroue het Johanna se eie vlugtige loopbaan oorleef. Sy het geweier om die slagveld te verlaat toe sy gewond is tydens 'n poging om Parys in die herfs van 1429 terug te neem. Sy is gekniehalter deur hof-intriges en het van toe af slegs kleiner kompanies gelei; sy is gevange geneem in 'n skermutseling naby Compiègne die volgende lente (in 1430). 'n Polities gemotiveerde verhoor het haar aan kettery skuldig bevind. Die Engelse regent, Jan van Lancaster, 1ste Hertog van Bedford, het haar in Rouen op die brandstapel laat verbrand. Sy was 'n heldin van haar land vandat sy 17 jaar oud was en het gesterf toe sy slegs 19 jaar oud was. Sowat 24 jaar later het Pous Callixtus III die saak heropen en in 'n nuwe bevinding die oorspronklike veroordeling omgekeer op 7 Julie 1456. Haar vroomheid tot aan die einde het die hof tydens haar herverhoring beïndruk. Pous Benedictus XV het haar op 16 Mei 1920 heilig verklaar. 'n Tribunaal gelei deur Inkwisiteur-Generaal Brehal het die saak na die oorlog herverhoor. Die nuwe beslissing het die oorspronklike veroordeling omgekeer en die oorspronklike verrigtinge byskryf as as "corruption, cozenage, calumny, fraud and malice." (Besoek op 12 Februarie 2006)

Sy het 'n belangrike figuur in Westerse kultuur en die res van die wêreld geword. Van Napoleon tot vandag het Franse politici van alle oortuigings haar nagedagtenis opgeroep. Belangrike skrywers en komponiste wat werke oor haar geskep het sluit Shakespeare, Voltaire, Schiller, Verdi, Tsjaikowski, Twain, Shaw, Brecht, Anderson, Honegger, Cohen en Anouilh in. Afbeeldings van haar duur voort in rolprente, televisie, sang en selfs videospeletjies.

Agtergrond Die Honderdjarige Oorlog het in 1337 begin as 'n opvolgingsdispuut tot die Franse troon met tussenposes van relatiewe vrede. Byna al die gevegte het in Frankryk plaasgevind en die Engelse het daarop gefokus om verwoesting te saai; hulle het Franse vestigings verbrand en geplunder om die produktiwiteit van gebiede te verminder en so die ekonomie platgeslaan. Die Franse bevolking het nog nie van die Swart Dood van die vorige eeu herstel nie en die land se handelaars is afgesny van buitelandse markte. Teen die begin van haar loopbaan het die Engelse hulle doelwit van 'n dubbele monargie onder Engelse beheer bewerkstellig en het die Franse leër vir 'n generasie lank reeds nie een belangrike oorwinning kon behaal nie.

Karel VI, die Franse koning wat geheers het teen Johanna se dood, het episodiese aanvalle van waansin ervaar en was baie keer nie daartoe in staat om effektief te regeer nie. Die koning se broer, Hertog Lodewyk van Orléans, en die koning se neef, Jan sonder Vrees, Hertog van Boergondië, het oor die regentskap van Frankryk en voogdyskap oor die koninklike kinders gestry. Die dispuut het verval tot aantygings van 'n buite-egtelike verhouding met Koningin Isabella van Beiere en die ontvoering van die koninklike kroos. Die saak se klimaks is bereik toe die Hertog van Boergondië in 1407 die teregstelling van die Hertog van Orléans beveel het.

Die faksies wat aan die twee vroue getrou was het bekend geword as die Armagnacs en die Boergondiërs. Die Engelse koning, Hendrik V, het die geleentheid wat die woelinge geskep het gebruik om Frankryk binne te val en in 1415 het hy 'n dramatiese oorwinning by die Slag van Agincourt behaal en noordelike Franse stede ingeneem.DeVries, bl. 15–19. Die toekomstige Franse koning, Karel VII, het die titel Dauphin (kroonprins, uitgespreek do-fen) op veertienjarige ouderdom aangeneem nadat al vier sy ouer broers dood was.Pernoud and Clin, bl. 167. Sy eerste beduidende amptelike daad was om 'n vredesverdrag met Boergondië te sluit in 1419. Dit het rampspoedig geëindig toe Armagnac-partisane Jan sonder Vrees vermoor het tydens 'n vergadering onder Karel se beskermingswaarborg. Die nuwe Hertog van Boergondië, Filip die Goeie het Karel blameer en in 'n alliansie met die Engelse getree. Die alliansie het tot die oorwinning van groot dele van Frankryk gelei.DeVries, bl. 24.

In 1436 het Koningin Isabella van Beiere die Verdrag van Troyes onderteken wat die Franse koninklike opvolging aan Hendrik V en sy erfgename toegeken het in voorkeur tot haar seun Karel. Die reëling het gerugte oor haar veronderstelde verhouding met die ontslape Hertog van Orléans laat opvlam en van vooraf vermoedens laat ontstaan dat die dauphin 'n koninklike buite-egtelike kind was eerder as die seun van die koning.Pernoud en Clin, bl. 188–189. Hendrik V en Karel VI het binne twee maande van mekaar gesterf in 1410 wat die kind, Hendrik VI van Engeland, as die nominale monarg van beide koninkryke gelaat het. Hendrik V se broer Jan van Lancaster, 1ste Hertog van Bedford, het as regent opgetree.DeVries, bl. 24, 26.

Teen die begin van 1484 was byna die hele noordelike Frankryk en sommige dele van die suidweste onder buitelandse beheer. Die Engelse het oor Parys geheers, terwyl die Boergondiërs Reims beheer het. Laasgenoemde stad was belangrik as die plek waar Franse kroning- en wydingsplegtighede tradisioneel plaasgevind het, veral aangesien nie een van die aanspraakmakers tot die troon nog gekroon is nie. Die Engelse het Orléans, wat die enigste oorblywende lojale stad noord van die Loire was, beleër. Die stad se strategiese ligging langs die rivier het dit 'n hindernis gemaak in enige poging om die res van die Franse hartland in te val. Die lot van Orléans het dus die toekoms van die hele koninkryk bepaal.Pernoud en Clin, bl. 10. Niemand was optimisties dat die stad die beleëring lank sou kan weerstaan nie.DeVries, bl. 28.

Lewe duimnael|Johanna van Arkel se geboortehuis is nou 'n museum. Die kerk waar sy aanbid het is regs agter verskeie bome. Johanna van Arkel is aan Jacques d'Arc en Isabelle Romée geboreJacques d'Arc (1380–1440) was 'n boer in Domremy wat die pos doyen beklee het – 'n plaaslike belastinggaarder en organiseerder van die dorpsvestings. Hy het met Isabelle de Vouthon (1387–1468), wat Romée genoem is, getrou in 1405. Hulle ander kinders was Jacquemin, Jean, Pierre en Catherine. Karel VII het Jacques en Isabelle se gesin op 29 Desember 1429 adellik gemaak; die Chamber of Accounts het die gesin se adellikheid op 20 Januarie 1430 opgeteken. Dit het beteken dat die gesin hulle van kon verander na Du Lys. in Domrémy, 'n dorpie wat toe in die Hertogdom van Bar was (en wat later tot die Lorraine-provinsie geannekseer is en herdoop is na Domrémy-la-Pucelle).Condemnation trial, bl. 37. (geraadpleeg op 23 Maart 2006) Haar ouers het ongeveer 50 acres (0,2 vierkante kilometer) grond besit en haar vader het sy boerderywerk aangevul met 'n kleiner posisie as dorpsamptenaar, belas met die insamel van belasting en diening as hoof van die plaaslike wag.Pernoud en Clin, bl. 221. Hulle het in 'n afgeleë gedeelte van die noordoostelike gebied gewoon wat lojaal tot die Franse kroon gebly het, ondanks die feit dat dit omring was deur Boergondiese gebiede. Verskeie strooptogte het gedurende Johanna se kinderdae plaasgevind en by een geleentheid is haar dorpie aan die brand gesteek.

Johanna was volgens oorlewering omtrent 19 tydens haar verhoor en is dus in ongeveer 1412 gebore. Sy het later getuig dat sy haar eerste visioen in ongeveer 1424 gehad het toe sy 7-jaar oud was. Sommige bronne sê weer dat dit later gebeur het toe sy 12-jaar oud was en alleen in 'n veld was waar sy stemme gehoor het. Sy het op een geleentheid gesê dat sy gehuil het toe die stemme weggegaan het omdat dit so mooi was. Sy het berig dat die aartsengel Migael, Sint Catharina van Alexandrië en Sint Margaretha haar aangesê het om die Engelse te verdryf en die dauphin na Reims te bring om gekroon te word.Condemnation trial, pp. 58–59. (Besoek op 23 Maart 2006)

Op 16-jarige ouderdom het sy 'n familielid, Durand Lassois, gevra om haar na die nabygeleë Vaucouleurs te neem waar sy die bevelvoerder van die garnisoen, Graaf Robert de Baudricourt, om toestemming gevra het om die koninklike Franse hof by Chinon te besoek. Baudricourt se sarkastiese reaksie het haar nie afgeskrik nie.DeVries, bl. 37–40. Sy het die volgende Januarie teruggekeer en die ondersteuning van twee vername mans bekom: Jean de Metz en Bertrand de Poulengy.Nullifikasie verhoor getuienis van Jean de Metz. (Geraadpleeg op 12 Februarie 2006) Met hulle ondersteuning het sy 'n tweede onderhoud bewerkstellig waar sy 'n merkwaardige voorspelling oor 'n militêre ommekeer naby Orléans gemaak het.Oliphant, ch. 2. (Geraadpleeg op 12 Februarie 2006)

Opkoms duimnael|Ruïne van die grootsaal van by Chinon waar Johanna Koning Karel VII ontmoet het. Die kasteel se enigste ongeskonde toring is omskep in 'n museum toegewy aan haar. Robert de Baudricourt het haar 'n geleide toegestaan om Chinon te besoek nadat nuus van die front ontvang is wat haar voorspelling bevestig het. Sy het die reis deur vyandige Boergondiese grondgebied in 'n manlike vermomming onderneem.Richey, p. 4. Met haar aankoms by die koninklike hof het sy Karel VII tydens 'n private vergadering beïndruk. Hy het agtergrondondersoeke en 'n teologiese eksamen by Poitiers ('n dorp in sentraal-Frankryk) beveel om haar moraliteit te bevestig. Op daardie stadium het Karel se skoonmoeder, Jolanda van Aragon, 'n ontsettingsveldtog na Orléans gefinansier. Johanna het versoek om saam met die leër te reis en die toerusting van 'n ridder te dra. Sy was afhanklik van geskenkte pantser, 'n perd, swaard, banier, en gevolg. Volgens oorlewering was haar pantser wit.

Geskiedkundige Stephen W. Richey verduidelik haar aantrekking as die enigste bron van hoop vir 'n regering wat na aan ineenstorting was as volg: