Anastasius II was die 50ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk.
Biografie Pous Anastasius II was 'n Romein, die seun van 'n ouderling met die naam Petrus. Op 24 November 496 volg hy Pous Gelasius I op en regeer tot sy dood op 19 November 498. Hy word opgevolg deur Pous Simmachus. Hy het probeer om die Akakiaanse Skisma te beëindig, maar het misluk. Die naam ‘Anastasius’ beteken “die heropgestane”.
Pontifikaat Pous Anastasius II het die swaar taak gehad om die kerkskeuring van Acacius van Konstantinopel op te los. Die skeuring het ontstaan deurdat Acacius en Pous Felix III 'n fundamenteel meningsverskil gehad het oor die monofisiete. Die pous was versoenend ten opsigte van die monofisiete en het hom die gramskap van die skrywer van die Liber Pontificalis op die hals gehaal. Dante het die pous in sy boek La Divina Comedia in die hel geplaas.
Verering Pous Anastasius II is nie heilig verklaar nie. Pous Anastasius II is een van twee pouse uit die eerste vyfhonderd jaar in die kerk se geskiedenis wat nie heilig verklaar is nie, die ander is Pous Liberius.
Verwysings Davis, R. (2001) Book of the Pontiffs (English Translation of the Liber Pontificalis) Liverpool University Press.
Eksterne skakels
Nota Saamgestel en vertaal uit die Nederlandse, Engelse, Duitse en Franse wikipedia.
Opvolging
Anastasius II