duimnael|250px|Our English Coasts, 1852 ('Strayed Sheep') duimnael|Hunt in sy Oosterse gewaad, foto deur Julia Margaret Cameron duimnael|The Awakening Conscience (1853) William Holman Hunt (2 April 1827 – 7 September 1910) was ‘n Engelse skilder en een van die stigterslede van die Broederskap van die Pre-Rafaëliete. Sy skilderye is bekend om hul aandag aan detail, kleurrykheid en uitgebreide simboliek. Hierdie kenmerke is beïnvloed deur die skryfwerk van John Ruskin en Thomas Carlyle, ingevolge wie die wêreld gesien moes word as ‘n stelsel van visuele tekens. Volgens Hunt was dit die plig van die kunstenaar om die samespraak tussen hierdie tekens en feite te onthul. Hunt het regdeur sy loopbaan die getrouste gebly aan die ideale van die beweging. Hy was altyd gretig gewees om die gewildheid en openbare aantrekkingskrag van sy werke te bevorder.Judith Bronkhurst, ‘Hunt, William Holman (1827–1910)’, Oxford Dictionary of National Biography, Oxford University Press, 2004
Biografie William Holman Hunt het sy van, van "Hobman Hunt" na Holman Hunt verander toe hy ontdek het dat ‘n klerk die naam verkeerd gespel het nadat hy gedoop is by die Anglikaanse Kerk van die Heilige Maria die Maagd in Ewell, Engeland. Nadat hy uiteindelik ingeskryf is by die kunsskole van die koninklike akademie nadat sy aansoek aanvanklik verwerp is, het Hunt gerebelleer teen die invloed van die stigter daarvan, Joshua Reynolds. Hy het gevolglik voortgegaan en die Broederskap van die Pre-Rafaëliete in 1848 gestig nadat hy die kunstenaar en digter Dante Gabriel Rossetti ontmoet het. Hulle het saam met John Everett Millais gepoog om die kunste te vernuwe deur klem te plaas op die gedetailleerde observasie van die natuurlike wêreld in ‘n gees van kwasi-godsdienstige toewyding aan die waarheid. Hierdie godsdienstige benadering is beïnvloed deur die spirituele kwaliteite van middeleeuse kuns, in teenstelling met die beweerde rasionalisme van die Renaissance wat in Rafaël beliggaam is. Hunt het verskeie leerlinge gehad, insluitende Robert Braithwaite Martineau.
Hunt het twee keer getrou. Nadat sy verlowing aan Annie Miller (een van sy modelle) misluk het, het hy in 1861 met Fanny Waugh getrou, wat later die model was vir die figuur van Isabella. Toe sy aan die einde van 1866 in Italië gesterf het tydens geboorte het hy haar graftombe by Fiesole ontwerp en dit laat verskuif na die Engelse begraafplaas in Florence langs die graftombe van Elizabeth Barrett Browning. Hy het ‘n noue verbintenis gehad met die Kerk van St. Mark's in Florence, en vir die verbondsnoer betaal wat ter herinnering van sy vrou ontwerp is. Sy tweede vrou Edith was Fanny se jonger suster. Op daardie tydstip was dit onwettig gewees in Groot-Brittanje om in die huwelik te tree met jou oorlede eggenote se suster (Sien die ‘’Deceased Wife's Sister's Marriage Act’’ van 1907), derhalwe het die twee oorsee gereis en in November 1875 in Neuchâtel (in die franse kanton van Switserland) getrou. Die troue het tot ernstige onmin gelei met ander familielede, veral sy voormalige Pre-Rafaëliet kollega Thomas Woolner, wat op ‘n stadium verlief was op Fanny en met die middelste suster, Alice Waugh, getroud was.
Hunt se werk was aanvanklik nie suksesvol gewees nie en is aangeval in die pers vanweë die beweerde afstootlikheid daarvan. Hy het egter vroeër bekendheid en aansien verwerf vir sy intens-naturalistiese tonele van moderne landelike en stedelike lewe, soos byvoorbeeld sy The Hireling Shepherd en The Awakening Conscience. Dit was egter vir sy godsdienstige skilderye dat hy bekendheid verwerf het, aanvanklik The Light of the World (1851–1853), wat nou gehuisves word in die kapel by Keble-kollege, Oxford, Engeland. (‘n Latere weergawe (1900) is regoor die wêreld uitgestal, en word nou gehuisves in St Paul's Cathedral, Londen, Engeland.)
In die middel van die 1850’s het Hunt na die Heilige Land gereis op soek na akkurate topografiese en etnografiese material vir verdere godsdienstige werke, en om sy “kragte te ontplooi om Christus se Leer en geskiedenis meer tasbaar te maak”;Hunt, W.H., Pre-Raphaelitism and the Pre-Raphaelite Brotherhood; Londen: Macmillan; 1905, Vol. 1, p. 349 hy het aldaar die werke The Scapegoat, The Finding of the Saviour in the Temple, en The Shadow of Death geskilder, tesame met verskeie landskaptekeninge en skilderye van die streek. Hunt het ook baie werke geskilder wat gebaseer is op poësie, soos byvoorbeeld Isabella, or the Pot of Basil en The Lady of Shalott. Hy het uiteindelik sy eie huis in Jerusalem gebou.
Hy moes later skilder opgee omdat sy verswakkende sig beteken het dat hy nie die kwaliteit kon behaal waartoe hy vorentoe in staat was en wat hy wou bereik nie. Sy laaste groot werke, insluitende ‘n groot weergawe van The Light of the World, is voltooi met die bystand van sy assistent, Edward Robert Hughes.
Hunt het op 7 September 1910 gesterf en is begrawe in St Paul's Cathedral in Londen, Engeland.Find A Grave
Pryse, erkenning en herdenking Hunt het in 1905 ‘n outobiografie gepubliseer. Baie van sy latere skryfwerk kan beskryf word as pogings om die interpretasie van sy werk te beheer. Hy het aan die einde van sy lewe in Sonning-on-Thames gewoon.
Sy persoonlike lewe was die onderwerp van Diana Holman-Hunt se boek My Grandfather, his Life and Loves.
Die Broederskap van die Pre-Rafaëliete is uitgebeeld in twee BBC kostuumdrama’s (periode dramas). In die eerste, The Love School van 1975, speel Bernard Lloyd die rol van Hunt. In die tweede, Desperate Romantics, word Hunt gespeel deur Rafe Spall.BBC, BBC Drama Production presents Desperate Romantics for BBC Two
Reg oorkant die Mar Elias Klooster is ‘n steenbank wat opgerig is deur die skilder se vrou. Hy het sommige van sy grootste werke daar geskilder. Die bank bevat Bybelse verse in Hebreeus, Grieks, Arabies en Engels.
Gedeeltelike lys van werke A Converted British Family Sheltering a Christian Missionary from the Persecution of the Druids (1850) Valentine Rescuing Sylvia from Proteus (1851) The Awakening Conscience (1853) The Light of the World (1854) The Scapegoat (1856) The Finding of the Saviour in the Temple (1860) The Shadow of Death (1871) The Importunate Neighbour (1895) The Miracle of the Holy Fire (1899)
Galery
Sien ook
Lys van skilderye deur die Pre-Rafaëliete
Verwysings
Verdere leeswerk
Eksterne skakels
William Holman Hunt se The Scapegoat: Rite of Forgiveness/Transference of Blame Werke deur Holman Hunt by Birmingham Museums en Kunsgalerye se Pre-Rafaëliet Aanlyn Hulpbron Holman Hunt Manuskripte, John Rylands Biblioteek, Universiteit van Manchester The Pre-Raphaelites: Victorian Revolutionaries (BBC Dokumentêr) Deel 1 The Pre-Raphaelites: Victorian Revolutionaries (BBC Dokumentêr) Deel 2 The Pre-Raphaelites: Victorian Revolutionaries (BBC Dokumentêr) Deel 3
Kategorie:Geboortes in 1827 Kategorie:Sterftes in 1910 Kategorie:Engelse kunstenaars Kategorie:Engelse skilders Kategorie:Christene