thumb|200px|Jeug, deur die Franse skilder William-Adolphe Bouguereau. Wit word tradisioneel verbind met rituele reinheid, onskuld en maagdelikheid. Maagdelikheid is die toestand van ’n persoon wat nog nooit geslagsgemeenskap/seks gehad het nie."Maagd" in die HAT. Aanlyn by viva-afrikaans.org (intekening nodig). Besoek op 26 November 2019. Daar is kultuur- en godsdienstradisies wat spesiale waarde en betekenis heg aan hierdie toestand, veral wat ongetroude vroue betref. Dit word verbind met idees van reinheid, eer en waarde.

Nes kuisheid, het die begrip maagdelikheid tradisioneel seksuele onthouding behels. Die begrip betrek gewoonlik morele en godsdienskwessies en kan gevolge hê in terme van sosiale status en in interpersoonlike verhoudings.Sien and pages 47–49 Hoewel maagdelikheid in die verlede in sommige gemeenskappe sosiale en regsimplikasies gehad het, is dit gewoonlik nie meer so nie.

Die term "maagd" het aanvanklik net na seksueel onervare vroue verwys, maar sluit vandag verskeie definisies in, soos aangetref in tradisionele, moderne en etiese begrippe. Soms beskou heteroseksuele mense die verlies van maagdelikheid net as ’n gevolg van penis-vaginale penetrasie, terwyl mense van ander seksuele oriëntasies dikwels orale seks, anale seks of wedersydse masturbasie in hulle definisies insluit.

Die sosiale implikasies van maagdelikheid kom steeds in sommige moderne gemeenskappe voor en kan wisselende gevolge vir ’n persoon inhou na gelang van die kultuur.

Verwysings

Eksterne skakels

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Seksualiteit Kategorie:Samelewing