Arkona (Russies: Аркона) is 'n Russiese folk metal- en pagan metal-groep wat in 2002 in Moskou gestig is. Encyclopaedia Metallum - The Metal Archives: Аркона. Besoek op 26 November 2019 Die groep se naam is 'n verwysing na 'n Slawiese heiligdom op die Duitse eiland Rügen, die sogenaamde Jaromarsburg, geleë by Kaap Arkona.

Musiekstyl Met hul liedtekste, waarmee geen politieke boodskap oorgedra word nie, fokus Arkona grotendeels op Slawiese geskiedenis. Vir hul komposisies, waarin - naas hoofsangeres Masja Archipowa se veelsydige sangkuns - fluitklanke oorheers, vind die groepslede inspirasie in tradisionele Russiese musiek. Op Arkona se vroeë ateljee-albums is vir Russiese melodieë dikwels klawerborde gebruik. Eers later het die groep begin om tradisionele instrumente te speel.

Geskiedenis In 2002 het twee lede van 'n Russiese heidense gemeenskap, Vjatichi, Masja Archipowa en Alexander Koroljof, besluit om 'n musiekgroep te stig wat hul filosofie, geloofsoortuigings en musikale smaak sou weerspieël. Aanvanklik het die groep - met Masja Archipowa (stem), Jefgeni Kniazef (kitaar), Jefgeni Borzof (baskitaar), Ilja Bogatirjof (kitaar), Alexander Koroljof (slagwerk) en Olga Loginowa (klawerbord) as stigtingslede - as Hyperborea bekend gestaan.

Verwysings

Eksterne skakels Media YouTube.com - Napalm Records: Arkona - Slav'sia, Rus'! (Славься, Русь!)

Kategorie:Russiese musiekgroepe