thumb|200px|Die basiese posisie waarin ’n man en vrou se voorkante na mekaar wys tydens seks. thumb|200px|Twee mans in die posisie tydens anale seks. Die sendelingposisie of die man-bo-posisie is ’n seksposisie waarin ’n vrou gewoonlik tydens vaginale seks op haar rug lê en ’n man bo-op haar terwyl hulle na mekaar kyk."Sendelingposisie" in die WAT. Aanlyn by viva-afrikaans.org (intekening nodig). Besoek op 26 November 2019. Dit kan ook vir ander soorte seksuele aktiwiteite gebruik word, soos anale seks. Dit word algemeen verbind met heteroseksuele seks, maar word ook deur paartjies van dieselfde geslag beoefen.
Beskrywing Die sendelingposisie is die algemeenste seksposisie vir paartjies, maar word nie as die gunstelingposisie beskou nie. Dit kan gebruik word vir penetrerende seks of vir niepenetrerende seks, soos wanneer die geslagsdele teen mekaar gevryf word, en die penis-vaginale aspek daarvan is ’n voorbeeld van gesig-tot-gesigseks gunstig vir voortplanting. Variasies op die posisie laat wisselende grade van kiltorale stimulasie, diepte van penetrasie, deelname deur die vrou en die waarskynlikheid en spoed van orgasme toe.
Die posisie word dikwels verkies deur mense wat die romantiese aspek van vel-tot-velkontak geniet, asook om in mekaar se oë te kyk, te soen en mekaar te liefkoos. Dit word ook beskou as ’n goeie posisie vir voortplanting. Die sendelingposisie gee die man kans om die ritme en diepte van penetrasie te beheer. Die vrou kan ook help deur haar heupe vorentoe en agtertoe te beweeg of hom stywer vas te druk met haar arms of bene. Die posisie is ongunstiger vir die laat stadiums van swangerskap of wanneer die vrou groter beheer wil hê.
Naam Daar word algemeen geglo die term "sendelingposisie" spruit uit die feit dat Engelssprekende Christelike sendelinge die posisie in die koloniale tydperk aan mense geleer het wat hulle gekersten het. Die term het egter moontlik sy ontstaan uit Alfred Kinsey se boek Sexual Behavior in the Human Male as gevolg van ’n sameloop van misverstande en misinterpretasies van historiese dokumente.
Die Franse het daarna verwys as die "klassieke posisie", die Toskane as die "engeleposisie" en sommige Arabiese groepe as die "manier van die slange".Lister, Larry. Human Sexuality, Ethnoculture, and Social Work. p. 15.
Verwysings
Eksterne skakels
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Seks