Vijfheerenlanden is 'n munisipaliteit in die Nederlandse provinsie Utrecht, met 'n bevolking van sowat 59 000 in 2022 en 'n oppervlakte van 153 km².

Die munisipaliteit is in 2019 gestig en betref 'n saamvoeging van die Zuid-Hollandse munisipaliteite Leerdam en Zederik en die Utrechtse munisipaliteit Vianen (het tot 2002 ook aan Zuid-Holland behoort). Leerdam en Vianen is twee kleine stede, die bestuurlike sentrum is in Meerkerk.

Die Vijfheerenlanden-munisipaliteit lê tussen die Lek-rivier in die noorde en die Linge-rivier in die suide, en stem min of meer ooreen met die Vijfheerenlanden-streek, uitgesonder die gebied noordwes vanaf die dorp Meerkerk (ook die dorpies Tienhoven en Ameide met omgewing), wat in die Alblasserwaard geleë is (ongeveer 20 km²).'n Klein stukkie van die Vijfheerenlanden-streek lê in die Zuid-Hollandse munisipaliteit Molenlanden: die gebied oos van die dorp Arkel.

In hierdie munisipaliteit word Vijfheerenlands gepraat, wat is 'n Hollandse dialek en sterk verwant aan die naburige Alblasserwaards.

Plekke Plekke in die munisipale gebied van Vijfheerenlanden:

Achterdijk Achthoven Ameide Broek Diefdijk, Gelderland Hierdie Diefdijk-plek lê gedeeltelik in die Gelderse munisipaliteit West Betuwe. Diefdijk, Utrecht Everdingen Geer Hagestein Hei- en Boeicop Helsdingen Hoef en Haag Hoogeind Hoogewaard Kedichem Kortenhoeven Kortgerecht Lakerveld Leerbroek Leerdam Lexmond Loosdorp Meerkerk Middelkoop Nieuwland Oosterwijk Ossenwaard Overboeicop Overheicop Schoonrewoerd Sluis Tienhoven Tienhoven aan de Lek Vianen Weverwijk Zijderveld

Munisipale raad Verkiesings sedert 2019:

Party Setels <br/ > 2019 Setels <br/ > 2022 VHL Lokaal ¹ 5 7 CDA 7 6 SGP 5 4 VVD 3 4 CU 4 4 D66 3 3 PvdA 3 2 GL 1 1 Totaal 31 31

¹ Vijfheerenlanden Lokaal

Naburige munisipaliteite

Sien ook Vijfheerenlanden (streek)

Verwysings

Eksterne skakels Amptelike webwerf Plaatsengids (beskrywing) AlleCijfers (statistiek)

250px|links|duimnael|Landskap naby Overboeicop 250px|senter|duimnael|Uitsig op die Lek-rivier naby Tienhoven aan de Lek

Kategorie:Munisipaliteite in Utrecht (provinsie)