Omer Šipraga (7 Januarie 1926 – 7 April 2012) was 'n partisaan wat saam met sy broer Mustafa een van die eerste plaaslike Bosniese opstandelinge tydens die Tweede Wêreldoorlog was.

Biografie Omer Šipraga is in 1926 gebore. Hy was deel van die aristrokratiese familie van Mujo Šipraga; en 'n direkte afstammeling van een van die stigterslede van die plaaslike nedersetting; (vandag die landelike gemeenskap van Šiprage) gewees. Hy het in 'n liefdevolle gesin grootgeword, en was op 'n jeugdige ouderdom daartoe verbind gewees om hom teen die geweld van die gendarmerie in die Koninkryk van Joegoslawië te verset. Hy het hom later in Bosnië en Herzegowina en die Onafhanklike staat Kroasië bevind.

Onmiddellik na die stigting van die eerste plaaslike partisaan-eenheid, wat bekendgestaan het as Eenheid uit die Djevojačka-ravan (ook bekend as die Imljani-eenheid of as die Šiprage-eenheid) sluit hy daarby aan en toon opvallende waagmoed, alhoewel hy nog minderjarig is. Hy word vir ideologiese opleiding en aansluiting by die Kommunistiese Jeug aanbeveel. Hy woon eers 'n kursus vir jonger lede by, en word in 1942 verkies as sekretaris van die kommunistiese jeugorganisasies vir die Šiprage-munisipaliteit.

Sien ook Šiprage

Verwysings

Eksterne skakels http://kvdanas.com/index.php/vijesti/2508/srd-golubic-siprage-pocela-ribolovna-sezona https://www.glaskotorvarosa.com/vojo-vukovic-sest-decenija-sakuplja-trofeje/

Kategorie:Geboortes in 1926 Kategorie:Sterftes in 2012 Kategorie:Tweede Wêreldoorlog