Roberto Alagna (Frans: ʁɔ.bɛʁ.to a.la.ɲa; Italiaans: roˈbɛrto aˈlaɲɲa; 7 Junie 1963) is 'n Franse tenoor. Hy is gebore in Clichy-sous-Bois, Seine-Saint-Denis, Frankryk en het op 18-jarige ouderdom Franse burgerskap verkry en terselfdertyd Italiaanse burgerskap behou.R. Alagna, Je ne suis pas le fruit du hasard, Parys, Grasset, 2007, Hfstk. "Canonnier Alagna !", .

Vroeë jare Alagna is in 1963 buite Parys gebore in 'n gesin van Sisiliaanse immigrante. As tiener het die jong Alagna popmusiek in Paryse kabarette begin sing. meesal vir fooitjies. Hy is beïnvloed deur die rolprente van Mario Lanza, en het na opnames deur historiese tenore geluister en na opera oorgeskakel. Op die wyse het hy grootliks selfgeleer gebly. Hy is ontdek deur Gabriel Dussurget, te wete die mede-stigter van die Aix-en-Provence-fees.Aix-en-Provence Historical Society: Gabriel Dussurget

Loopbaan Nadat hy die Luciano Pavarotti Internasionale Stemkompetisie, 'n inisiatief deur die Italiaanse Ministerie van Kulturele Erfenis en Aktiwiteite wat in Modena in 1988 begin het, gewen het, het Alagna sy professionele buiging as Alfredo Germont in La traviata met die Glyndebourne toer-maatskappy gemaak. Dit het gelei tot verskeie betrekkinge deur die kleiner stede in Frankryk en Italië, weereens hoofsaaklik as Alfredo, welke rol hy eventueel meer as 150 kere sou vertolk. Soos wat sy reputasie gegroei het is hy spoedig uitgenooi om te sing by die belangrikste teaters soos La Scala in 1990, Covent Garden in 1992 en die Metropolitan Opera as Rodolfo in 1996. Sy opvoerings van Roméo in Roméo et Juliette deur Charles Gounod by Covent Garden in 1994 (saam met Leontina Vaduva) het aan hom internasionale roem besorg.

Alagna het die 2006/07 seisoen by La Scala op 7 Desember 2006 geopen in 'n nuwe produksie van "Aida" deur Franco Zeffirelli. Tydens die tweede opvoering op 10 Desember is Alagna, wie se openingsopvoering as onbevredigend beskou is, vanuit die loggione (die goedkoopste sitplekke aan die agterkant van La Scala) beskree toe hy die verhoog verlaat het. Die reaksie van die tenoor op die openbare kritiek is deur die bestuur van La Scala en Zeffirelli as onvolwasse en onprofessioneel bestempel: " 'n Professionele persoon moet nooit op hierdie manier optree nie. Alagna is te sensitief, dit is te maklik om sy gevoelens seer te maak. Hy weet nie hoe om soos 'n ware ster op te tree nie." Die rol van Radames is vir die res van die opvoering suksesvol oorgeneem deur Antonello Palombi, wat die verhoog betree het gekleed in slegs 'n denim en 'n swart hemp.

In 2007 het Alagna die rol van Pinkerton in Madama Butterfly ) by die Metropolitan Opera vertolk. Hy het die ongestelde tenoor Rolando Villazón vervang as Romeo in Roméo et Juliette teenoor die sopraan Anna Netrebko tydens twee optredes in September en twee optredes in Desember. Sy vrou het na New York gevlieg om saam met hom vir die September opvoerings te wees, en is gevolglik ontslaan uit die Lyric Opera of Chicago omdat sy haar repetisiedatums vir "La bohème" misgeloop het. Alagna is ook op die laaste nippertjie deur die Metropolitan Opera betrek om vir die ongestelde in te tree in 'n opvoering van Aida op 16 Oktober 2007. Na afloop van die opvoering het die gehoor hom toegejuig. Deseret Morning News, 21 Oktober 2007, bladsy E9, Associated Press/Verena Dobnik, "Once-booed tenor wows the Met" Die opvoering van Roméo et Juliette op 15 Desember met Alagna en Netrebko is in hoë definisie in 447 teaters wêreldwyd uitgesaai en deur ongeveer 97.000 mense aanskou."Metropolitan Opera's broadcast is a digital gift", Newport News Daily Press, 23 Desember 2007

Alagna was op 25 Julie 2018 geskeduleer om sy buiging tydens die Bayreuth-fees te maak op die openingsdag in die titelrol van 'n nuwe produksie van Richard Wagner se Lohengrin. Alagna het egter op 29 Junie 2018 aan die fees onttrek omdat hy nie betyds die rol kon baasraak nie.

Repertorium In onlangse jare was Alagna 'n voorstander van die herstel van die verwaarloosde Franse operas - Alfano se Cyrano de Bergerac, Massenet se Le juggler de Notre-Dame, Lalo se Fiesque, en nuwe werke - Vladimir Cosma se Marius et Fanny en sy broer David Alagna Le dernier jour d'un condamné. Hy het ook ligte musiek opgeneem met 'n huldigingsalbum vir Luis Mariano getitel Sicilien en Pasión.

Persoonlike lewe Alagna se eerste vrou, Florence Lancien, is in 1994 aan 'n breingewas oorlede; hulle het een dogter (Ornella) gehad wat in 1992 gebore is. In 1996 het hy met die Roemeense sopraan Angela Gheorghiu getrou. Die paartjie het in 2009 aangekondig dat hulle paaie skei, maar was teen 2011 herenig. In Januarie 2013 het die paartjie egter ooreengekom op 'n egskeiding. Alagna en die Poolse -sopraan Aleksandra Kurzak het 'n verhouding begin, en hul dogter Malena is op 29 Januarie 2014 gebore. Alagna en Kurzak het in 2015 getrou.

Alagna het saam met sy broers Frédérico Alagna en die verhoogdirekteur en komponis David Alagna aan verskeie projekte saamgewerk. Die drie broers het 'n album met ligte musiek getitel Serenades opgeneem en saamgewerk aan die opera van die jonger broer David, gebaseer op Hugo se "Last Day of a Condemned Man". Alagna sing dikwels Alfano se Cyrano saam met sy skoonsuster Nathalie Manfrino as Roxane.

Die regering van Frankryk het Alagna in 2008 as 'n Chevalier de la Légion d'honneur benoem.

Operarolle Rol Werk KomponisAlfredo La traviata VerdiManrico Il trovatore VerdiDon José Carmen BizetRodolfo La bohème PucciniRoméo Roméo et Juliette GounodEdgardo Lucia di Lammermoor DonizettiEdgar Lucie de Lammermoor (Franse verwerking) DonizettiFritz L'amico Fritz MascagniHoffmann Les Contes d'Hoffmann OffenbachMario Cavaradossi Tosca PucciniMacDuff Macbeth VerdiNemorino L'elisir d'amore DonizettiPaolo Francesca da Rimini ZandonaiRoberto Roberto Devereux DonizettiCyrano Cyrano de Bergerac AlfanoDon Carlos Don Carlos VerdiDon Carlo Don Carlo </small>(Italiaanse verwerking)</small> VerdiWerther Werther MassenetLe Chevalier des Grieux Manon MassenetJean Le jongleur de Notre-Dame Massenet Faust Faust GounodRuggero La rondine PucciniOrphée Orphée et Eurydice GluckPinkerton Madama Butterfly PucciniTuriddu Cavalleria rusticana MascagniCanio Pagliacci LeoncavalloDuc de Mantoue Rigoletto VerdiFiesque Fiesque LaloMarius Marius et Fanny CosmaRadamès Aida VerdiRodrigue Le Cid MassenetUlysse Pénélope FauréEnée Les Troyens BerliozNadir Les pêcheurs de perles BizetRiccardo Un ballo in maschera VerdiCalaf Turandot PucciniDes Grieux Manon Lescaut PucciniSamson Samson et Dalila Saint-SaënsOtello Otello Verdi

Diskografie Albums JaarAlbumKredieteSpeellysBEL(Wa)Robert Alagna DiscographieFRASPASWIMEK1996Chants sacrés—19———2001Puccini: ToscaAngela Gheorghiu, Roberto Alagna en Ruggero Raimondi—89———2002Donizetti: Lucie de LammermoorNatalie Dessay, Roberto Alagna, Ludovic Tézier en Evelino Pidò—150———2003Bizet: CarmenGheorghiu & Alagna—59———2005Chante Luis Mariano144—89—2006Tenor8640———Viva Opéra!2943———2007Credo – Airs sacrés5618———2008Sicilien42—71—2009Le jongleur de Notre-Dame—198——94Sicilien – Live7256———2010Hommage à Luis Mariano – C'est magnifique!5327———Les stars du classique—191———2011Pasión5434100—2012Pasión Live—80———2013Robertissimo2411———2014Little Italy—71———Ma vie est un opéra5033———2016MalènaYvan Cassar, London Orkes & Roberto Alagna—47———2018Puccini in LoveRoberto Alagna / Aleksandra Kurzak160————

Enkelsnitte JaarAlbumSpeellysFR2003"Petit Papa Noël"91

Verwysings

Eksterne skakels Roberto Alagna by universalmusic.fr (Frans)

Resensies, artikels, fotos en toekomstige skedules van The Opera Critic Diskografie by SonyBMG Masterworks Konsertfotos Metropolitan Opera, Alagna, Roberto (Tenoor), databasis van uitvoerings by MetOpera

Kategorie:Geboortes in 1963 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Operasangers