duimnael|Ragnvald Soma Ragnvald Soma (gebore 10 November 1979 in Frøyland in die munisipaliteit Time, Noorweë) is 'n Noorse sokkerspeler. Soma is 'n sentrale verdediger of verdedigende middelveldspeler, en speel tans vir die moederklub Frøyland. Hy het vroeër baie jare lank vir Viking Bryne, Brann en Rapid Wien gespeel, en hy was ook vir kort tydperke in Førde, die Engelse klub West Ham en die Deense klubs Lyngby en FC Nordsjælland.

Nadat hy vir baie jare lank reeds as 'n groot talent gereken is, kry Soma sy werklike deurbraak in 2004, toe hy onder andere vir die Noorse nasionale sokkerspan debuteer. Hy het vir altesaam vyf nasionale wedstryde en 23 onder-21 nasionale wedstryde vir Noorweë uitgedraf.

Loopbaanstatistiek Seisoen Klub Divisie Liga Beker Totaal Verskynings Doele Verskynings Doele Verskynings Doele 1997 Bryne Adeccoligaen 25 0 0 0 25 0 1998 24 0 0 0 24 0 1999 25 0 3 3 28 3 2000 25 5 1 0 26 5 2000–01 West Ham Premier League 401050 2001–02 3 0 2 0 5 0 2002BryneTippeligaen 11 1 1 0 12 1 2003 25 1 3 0 28 1 2004Brann 26 0 7 0 33 0 2005 26 1 4 0 30 1 2006Viking 24 0 4 0 28 0 2007 26 1 5 0 31 1 2008 18 0 3 0 21 0 2009 20 3 3 1 23 4 2009–10Rapid WienBundesliga 33 1 0 0 33 1 2010–11 32 1 0 0 32 1 2011–12 14 0 0 0 14 0 2012–13NordsjællandDeense Superliga 1 0 0 0 1 0 2012–13 Lyngby Deense 1ste Divisie 8 1 0 0 8 1 Loopbaantotaal 370 15 37 4 407 19

Eksterne skakels

Kategorie:Geboortes in 1979 Kategorie:Noorse sokkerspelers Kategorie:Lewende mense