John R. Gribbin (gebore op 19 Maart 1946) is 'n Britse wetenskapskrywer, astrofisikus, en 'n besoekende genoot in astronomie by die Universiteit van Sussex."A change in the weather by Gary Turbak" The Rotarian magazine, Aug 1980, bl.17 Sy skryfwerk sluit kwantumfisika, menslike evolusie, die oorsprong van die heelal, en biografieë van bekende wetenskaplikes in. Hy skryf ook wetenskapfiksie.
Biografie
John Gribbin het in 1966 'n Baccalaureusgraad in fisika van die Universiteit van Sussex behaal. Gribbin het daarna 'n meestersgraad in astronomie (MSc) in 1967 behaal, ook by die voorgenoemde universiteit. Hy het ook sy PhD in astrofisika van die Universiteit van Cambridge behaal (1971).Profile of John Gribbin at David Higham
In 1968 het Gribbin as een van Fred Hoyle se navorsingstudente by die Instituut van Astronomie, Cambridge (Instituut van Teoretiese Astronomie) gewerk, en 'n aantal artikels vir die New Scientist oor die Instituut se navorsing, en wat uiteindelik bekend sou word as pulsars, geskryf.
In 1974 het Gribbin saam met Stephen Plagemann 'n boek getiteld The Jupiter Effect geskryf wat voorspel het dat die belyning van die planete in 'n kwadrant aan een kant van die Son op 10 Maart 1982 swaartekrag-effekte sou veroorsaak wat aardbewings in die San Andreas-breuk sou veroorsaak, met die moontlike uitwissing van Los Angeles en sy voorstede. Gribbin het homself egter in die 17 Julie 1980 uitgawe van die New Scientist tydskrif van die Die Jupiter-effek gedistansieer, en verklaar dat hy "met 'n helfte te slim" was.
In Februarie 1982 het Gribbin en Plagemann The Jupiter Effect Reconsidered gepubliseer, en beweer dat die 1980 Mount Saint Helens vulkaniese uitbarsting hulle teorie as waar bewys het ten spyte van 'n gebrek aan planetêre belyning. In 1999 het Gribbin dit gerupidieer en opgemerk "Ek hou nie daarvan nie, en ek is jammer dat ek ooit enigiets daarmee te doen gehad het."
In 1984 het Gribbin In Search of Schrödinger's Cat: Quantum Physics and Reality gepubliseer. Die Spectator Boekklub het dit as een van die beste van die eerste golf fisika populariserings wat Stephen Hawking se A Brief History of Time voorafgegaan het beskryf. Gribbin se boek was deur BBC World News aangehaal as 'n voorbeeld van hoe belangstelling in die studie van wiskunde opnuut gestimuleer kan word en kan herleef.
In 2006 het Gribbin deelgeneem aan 'n BBC radio 4 uitsending as 'n "deskundige getuie". Die aanbieder Matthew Parris het 'n gesprek met Professor Kathy Sykes en Gribbin gevoer oor die vraag of Einstein "werklik 'n kens genie was". In die BBC radio 4 uitsending verwys Parris na Gribbin as hul "deskundige getuie". Dit is nie gedoen om die indrukwekkende prestasies van Kathy Sykes te ondermyn nie.
Tydens die 2009 Wêreldkonferensie van Wetenskapjoernaliste het die Assosiasie van Britse Wetenskapskrywers Gribbin met hul Lewenslange Prestasie-toekenning vereer.
Resensies van Gribbin se skryfwerk
Die konserwatiewe politiese tydskrif The Spectator het Gribbin as "een van die beste en mees produktiewe skrywers van populêre wetenskap" beskryf in 'n resensie van Science: A History, welke dit aanslaan as "die produk van ontsaglike geleerdheid, en 'n leeftyd wat spandeer is aan die kuns oor hoe om op 'n vurige en ingeligte wyse oor wetenskap en wetenskaplikes te skryf".Henry Gee, 'n senior redakteur by die joernaal Nature, het Gribbin beskryf as "een van die beste wetenskapskrywers in omloop".'n Resensie van The Universe: A Biography in die joernaal Physics World het Gribbin se vermoë om ingewikkelde idees te verduidelik, geprys.'n Wall Street Journal resensie van Flower Hunters (medeskrywer, Mary Gribbin) het die skryfwerk as vervelig en eentonig beskryf, met voldoende detail, maar 'n versuim om die groter kulturele konteks oor te dra. Dit het gemeld dat die boek se hoofstuk-lange biografiese sketse te dikwels as oppervlakkig voorgekom het, en verder die boek gekritiseer vir ooglopende weglatings van gerekende plantversamelaars.
In 'n resensie van The Reason Why, vermeld die Times Higher Education dat Gribbin oor spekulatiewe aangeleenthede skryf en sommige van sy teorieë sonder stawende bewyse voordra. Dit maak egter ook melding van sy omvattende navorsing en liriese skryfstyl.
Werke
Wetenskap (1999) Almost Everyone's Guide to Science: The Universe, Life and Everything, Yale University Press, (1999) Get a Grip on New Physics, Weidenfeld & Nicolson, Londen. (1999) The Little Book of Science, Barnes and Noble, (2003) Science: A History 1543–2001, Gardners Books, (2003) The Scientists: A History of Science Told Through the Lives of Its Greatest Inventors, Random House, (2006) The Fellowship: The Story of a Revolution, Allen Lane, (die verhaal van die Koninklike-genootskap) (2006) History of Western science, 1543-2001, Folio-genootskap, Londen [2de uitgawe van Science: A History, 1543-2001, met klein wysigings en 'n nuwe inleiding deur die skrywer]. (2009) Flower Hunters, Oxford University Press, met Mary Gribbin, 320 bladsye, (2010) In Search of the Multiverse: Parallel Worlds, Hidden Dimensions, and the Ultimate Quest for the Frontiers of Reality, Wiley,
Kinderboeke oor wetenskap (2003) Big Numbers: A Mind Expanding Trip to Infinity and Back (medeskrywer Mary Gribbin), Wizard Books, 2005 uitgawe (2003) How far is up? : Measuring the Size of the Universe (medeskrywer Mary Gribbin), Icon Books, 2005 uitgawe (2008) Time Travel for Beginners (medeskrywer Mary Gribbin), Hodder Children's, (2000) Eyewitness: Time & Space, DK Children,
Voorspellings (1974) The Jupiter Effect: The Planets As Triggers of Devastating Earthquakes (medeskrywer Stephen H. Plageman), Random House ; gewysigde weergawe gepubliseer as The Jupiter Effect Reconsidered, Vintage Books (New York, NY), 1982. (Februarie 1982) The Jupiter Effect Reconsidered (1983) Beyond the Jupiter Effect, Macdonald,
Die Son (1980) The Death of the Sun, Dell Publishing (ook bekend as The Strangest Star: The Scientific Account of the Life and Death of the Sun, 1980, Athlone Press, ) (1991) Blinded by the Light: The Secret Life of the Sun, Bantam,
Kwantumfisika (1984) In Search of Schrödinger's Cat: Quantum Physics and Reality, Bantam Books, (herdruk in 2012 deur Random House ) (1996) Schrödinger's Kittens and the Search for Reality, Back Bay Books, (1998) Q Is for Quantum: An Encyclopedia of Particle Physics, Free Press, (2002) Quantum Physics (Essential Science), Dorling Kindersley, (2007) La physique quantique, Pearson Education, (2019) Six Impossible Things: The 'Quanta of Solace' and the Mysteries of the Subatomic World, Icon Books,
Evolusie en menslike genetika (1982) The Monkey Puzzle: A Family Tree (medeskrywer, Jeremy Cherfas), Pantheon Books, (1988) The One Percent Advantage: The Sociobiology of Being Human, Blackwell Pub, (1990) Children of the Ice: Climate and Human Origins, Blackwell Pub (met Mary Gribben) (1993) Being Human: Putting People in an Evolutionary Perspective, J.M.Dent & Sons (met Mary Gribben) (1985) In Search of the Double Helix, McGraw-Hill, (1985) The Redundant Male: Is Sex Irrelevant in the Modern World? (medeskrywer Jeremy Cherfas) Paladin, (2003) The Mating Game, (hersiene weergawe van The Redundant Male) Barnes and Noble, (2003) The First Chimpanzee: In Search of Human Origins, (medeskrywer, Jeremy Cherfas) Barnes and Noble,
Astronomie en die beskrywing van die Heelal (1976) Astronomy for the Amateur, Macmillan, (1976) Our Changing Universe: The New Astronomy, Dutton, (1977) White Holes: Cosmic Gushers in the Universe, Delacorte Press/E. Friede, (1979) Timewarps, Delacorte Press/E. Friede, (1981) Future Worlds, Springer, (1982) Cosmology Today, (redakteur en bydraer) IPC Media, (1983) Spacewarps: Black Holes, White Holes, Quasars, and the Universe, Delta, (1988) The Omega Point: The Search for the Missing Mass and the Ultimate Fate of the Universe , Bantam, (1989) Cosmic Coincidences: Dark Matter, Mankind, and Anthropic Cosmology, Bantam, (1992) In Search of the Edge of Time: Black Holes, White Holes, Worm Holes, Bantam Books, (US title Unveiling the Edge of Time, Three Rivers Press. 1994 herdruk: ) (1994) Time and Space, as Eyewitness: Time and Space, (2000) DK Children, (1996) Companion to the Cosmos, John en Mary Gribbin, Little: (1997) Time and the Universe (Whats the Big Idea), (kinderboek) Hodder & Stoughton, (1998) The Case of the Missing Neutrinos: And Other Phenomena of the Universe, Fromm Intl. (1998) The Search for Superstrings, Symmetry, and the Theory of Everything, Little, Brown and Company, (1998) Watching the Universe, Constable, (2001) Space: Our Final Frontier, BBC Books, (2001) Hyperspace: The Universe and Its Mysteries, (ook gepubliseer as Space: Our Final Frontier) DK ADULT, (2008) Galaxies: A Very Short Introduction, Oxford University Press, USA. (2007) The Universe: A Biography, Allen Lane, (2008) From Here to Infinity: The Royal Observatory Greenwich Guide to Astronomy, (met Mary Gribbin) National Maritime Museum, ; republished in 2009 as From Here to Infinity: A Beginner's Guide to Astronomy, Sterling (2011) Alone in the Universe: Why Our Planet Is Unique, John Wiley & Sons,
Oorsprong van die heelal (1976) Galaxy Formation: A Personal View, Wiley, (1982) Genesis: The Origins of Man and the Universe, Delacorte Press, (1986) In Search of the Big Bang, Bantam, (1993) In the Beginning: The Birth of the Living Universe (In the Beginning, Viking, (1994) In the Beginning: After COBE and before the Big Bang, Bulfinch Press, (1997) Origins: Our Place in Hubble's Universe, Constable and Robinson (as Empire of the Sun, '98; as Cosmos '06) (2001) The Birth of Time: How Astronomers Measured the Age of the Universe, Yale University Press, (2009 uitgawe ) (2015) 13.8: The Quest to Find the True Age of the Universe and the Theory of Everything, Icon Books,
Romans (1980) The Sixth Winter (met ) (roman) Simon & Schuster (1982) Brother Esau (met Douglas Orgill) (roman) Harper & Row (1988) Double Planet (met Marcus Chown) (roman) Victor Gollancz (1990) Father to the Man (roman) Tor Books (1991) Ragnarok (met D.G. Compton) (roman) Gollancz (1991) Reunion (met Marcus Chown) (roman) Gollancz (1993) Innervisions (roman) Penguin Books (2009) Timeswitch (roman) PS Publishing (2011) The Alice Encounter (novelle) PS Publishing
Biografieë (1992) Stephen Hawking: A Life in Science (medeskrywer Michael White), National Academies Press , 2002 uitgawe: (1993) Einstein : A Life in Science, (medeskrywer Michael White) Simon & Schuster (1995) Darwin: A Life in Science, (medeskrywer Michael White) Dutton Adult (1997) Darwin in 90 Minutes, (met Mary Gribbin) Constable and Robinson (Deel van 'n reeks waarby ingesluit is: Curie , Einstein , Faraday , Galileo , Halley , Mendel , Newton ) (1997) Richard Feynman: A Life in Science, (medeskrywer Mary Gribbin) Penguin Books (2003) FitzRoy: The Remarkable Story of Darwin's Captain and the Invention of the Weather Forecast, Yale University Press (2005) Annus Mirabilis: 1905, Albert Einstein, and the Theory of Relativity, (medeskrywer Mary Gribbin) Chamberlain Bros. (sluit DVD in) (2009) He Knew He Was Right: The Irrepressible Life of James Lovelock en Gaia (medeskrywers Mary Gribbin), Allen Lane. (2013) Erwin Schrödinger and the Quantum Revolution, Wiley,
Verwysings
Eksterne skakels
John Gribbin se amptelike blad (geargiveer in 2012) John Gribbin se ou tuisblad by Sussex-universiteit John Gribbin: Penguin VK outeurprofiel Vlugtige onderhoud by American Scientist tydskrif, 2005 Lys van publikasies John Gribbin insetsel by Ensiklopedie van literatuur en wetenskap John Gribbin by Kirkus Reviews
Kategorie:Geboortes in 1946 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Britse fisici Kategorie:Britse skrywers