Sajed Jamal al-Din al-Afghani, ook bekend as sajed Jamal ad-Din Asadabadi (Persies: سید جمال‌الدین اسد‌آبادی) en algemeen bekend as Al-Afghani (1838/1839 – 9 Maart 1897), was ’n politieke aktivis en Islamitiese ideoloog wat laat in die 19de eeu deur die Moslemwêreld gereis het. Hy was een van die stigters van Islamitiese modernisme sowel as ’n voorstander van Pan-Islamitiese eenheid in Europa en Hindoe-Moslem-eenheid in Indië.Ludwig W. Adamec, Historical Dictionary of Islam (Lanham, Md.: Scarecrow Press, 2001), bl. 32 Van hom is gesê hy was minder geïnteresseerd in klein verskille in Islamitiese regswetenskap as in die organisering van ’n verenigde teenvoeter vir Westerse druk.Vali Nasr, The Sunni Revival: How Conflicts within Islam Will Shape the Future (New York: Norton, 2006), bl. 103.

Hy is ook bekend vir sy betrokkenheid by sy volgeling Mirza Reza Kermani in die suksesvolle sluipmoord op sjah Naser al-Din van Persië, wat volgens Al-Afghani te veel toegewings aan buitelandse magte gedoen het, veral aan die Britse Ryk.

Verwysings

Eksterne skakels Jamal-al-Din Afghani, ’n uitgebreide artikel in die Encyclopædia Iranica.

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Aktiviste Kategorie:Islamitiese leiers