Die Sherman Firefly was 'n hoofgevegstenk wat deur die Geallieerdes se pantsermagte, veral die Verenigde Koninkryk en ander lande van die Britse Ryk tydens die Tweede Wêreldoorlog gebruik is. Die tenk is op die Amerikaanse M4 Shermantenk geskoei maar toegerus met 'n kragtiger 76,2 mm-kaliber Britse 17-pond-kanon en is gebruik in 'n antitenkrol. Dit is slegs uitgerol om 'n gaping te vul totdat ander Britse swaartenks beskikbaar sou wees, maar dit het die volopste artilleriestuk met 'n 76,2 mm-kanon in die oorlog geword.
Gedurende die oorlog het Brittanje hoofsaaklik die Shermantenk gebruik. Hulle het verwag om hulle eie tenks klaar te ontwikkel en te bou; die verwerpte idee om die Sherman met die 76,2 mm-kanon toe te rus is eindelik aanvaar, ten spyte van aanvanklike weerstand van die regering. Dié besluit blyk gou die regte besluit te wees omrede beide die Cruiser Mk VIII Challenger en Cruiser Mk VIII Cromwell-tenks ontwerp- en ontwikkelingsprobleme ondervind het.
Dit was 'n uitdaging om die groot 76,2 mm-kanon in die Sherman se skiettoring in te pas en verskeie probleme moes oorkom word, tog is die Firefly betyds in 1944 uitgerol sodat Veldmaarskalk Bernard Montgomery se 21ste Leërgroep dit kon gebruik tydens die landing in Normandië. Die Firefly se waarde is gou besef omrede sy kanon die pantser van die Duitse Panther en Tiger-tenks, wat hulle in Normandië teëgekom het, bykans ten alle tye kon deurdring.Milner, Marc, (2014) Stopping the Panzers, University of Kansas Press, 1 Die gevolg was dat die Duitsers instruksies uitgereik het dat die Fireflys eerste aangeval moes word. Die Firefly se loop is langer as die standaard-Sherman s'n en die bemannings het probeer om met die kamofleertegnieke dit te laat lyk na 'n standaard-Shermantenk vanaf 'n afstand. Daar is tussen 2 100 en 2 200 eenhede van die tenk vervaardig toe produksie in 1945 gestaak is.
Agtergrond Die gedagte om die 17-pond-kanon in die Shermantenk te installeer is verwerp deur die Voorsieningsministerie se Tenkbesluitnemingsraad. Alhoewel die Britse Magte grotendeels die Amerikaansvervaardigde Sherman gebruik het, was die strategie dat 'n nuwe geslag Britse tenks die Shermans sou vervang in hul antitenkrol. Die Cromwell-tenk is die een tenk wat in ontwikkelling was; daar is beplan dat dit met die Vickers 75 mm-kanon met hoë trompsnelheid toegerus sou word. Die Vickers-kanon was kragtiger as die bestaande 75 mm- en 76 mm-kanonne wat op daardie stadium in die Shermans geïnstalleer is. Die Britte was ook besig met die ontwikkeling van die Cruiser Mk VIII Challenger-tenk, wat op die Cromwell gebaseer was maar met 'n nog-kragtiger 17-pond-kanon toegerus sou word.J. Buckley (2004) Hierdie twee tenks en hulle opvolgers, die Comet en die Centurion, wat besig was om geskep te word op die ontwerptafel, sou die Sherman in die Britse magte vervang het en om hulpbronne af te staan om die 17 pond-kanon te installeer, was nie 'n opsie nie.Fletcher (2008)
Tog was daar verskeie nie-amptelike pogings aangewend om die slaankrag van die Sherman te verbeter. Die oudste poging is die van majoor George Brighty van die Koninklike Tenkregiment terwyl hy by die Lulworth Pantsergevegsskool aangestel is teen vroeg-1943. Alhoewel die A30 Challenger besig was met eerste veldtoetse te Lulworth, was Brighty nog van mening dat die Sherman 'n beter basis vir die 17 pond-kanon is. Die skiettoring van die Sherman was egter net te klein en kon nie voorsiening maak vir die loop se lang terugslag nie. In 'n drastiese poging het Brighty die terugslagtoerusting verwyder en die kanon staties in die skiettoring vasgesluit sodat die hele romp van die tenk die skok moes absorbeer. Dit was nie 'n goeie oplossing nie en niemand was op daardie stadium seker hoe lank die tenk sou hou alvorens skade aangerig word nie.
In Junie 1943 het Luitenantkolonel George Witheridge van die Koninklike Tenkregiment en 'n kollega van Brighty by Lulworth aangemeld vir diens. Hy was 'n veteraan van die Nood-Afrika-veldtog en het eerstehandse ondervinding gehad van die ongelyke stryd tussen die Britse tenks met hul 2 pond-kanonne en Erwin Rommel se formidable tenks en antitenkkanonne. Gedurende die Slag van Gazala in 1942 is Witherige se Amerikaanse Granttenk getref en hy is uit die tenk geslinger. Hy het herstel van sy wonde maar mag toe nie meer aktiewe diens verrig nie. In 1943 is hy oorgeplaas na Fort Knox in Amerika vir ses maande om hulle te adviseer oor kanonne. Hier het hy 'n ondersteuner van Amerikaanse tenks geword.Fletcher (2008) bl. 10 Terwyl hy by Lulworth was, het hy die A30 Challanger geïnspekteer en sy stem by die koor van klagtes en objeksies gevoeg. Toe hy hoor van Brighty se pogings om die Sherman se slaankrag te verbeter het hy sy hulp aangebied en Brighty geadviseer hoe om die terugslagprobleem op te los.
Nie lank hierna nie, kry Witheridge en Brighty 'n kennisgewing van die Department van Tenkontwerp (DTD) om hulle pogings te staak. Onwillig om die projek te staak, klop hy aan by persone met groot invloed soos Majoorgeneraal Raymond Brigss, voormalige offisier-in-beheer van die 1ste Gepantserde Divisie in Noord-Afrika en op daardie stadium direkteur van die Koninklike Pantserkorps. Hy wen ook die steun van Claude Gibb, Direkteurgeneraal van Wapens en Instrumentasieproduksie in die Voorsieningsministerie om dit 'n amptelike departementele projek te maak. Dit het beteken dat die entoesiastiese en doelgerigte amateurs te Lulworth, wat die projek begin het, nie meer betrokke was nie en het dit oorgegee aan die professionele tenkontwikkelaars.Fletcher (2008) bl. 11–12
Ontwerp W.G.K. Kilbourn, 'n ingenieur van Vickers werksaam by die DTD, het Witheridge en Brighty se idee in realiteit omskep deur 'n prototipe te ontwikkel wat die Britse Magte gebruik het vanaf D-dag tot aan die einde van die oorlog. Die eerste probleem wat Kilbourn moes oorkom was die terugslagprobleem vir die 17 pond-kanon. Die kanon beweeg een meter terug tydens die terugslag soos dit die skok absorbeer van die ontploffing. Dit is te lank vir die Sherman se skiettoring.Fletcher (2008) bl. 13 Kilbourn het die probleem opgelos deur die terugslagaksie heeltemal te herontwerp in stede van solidifisering. Die terugslagsilinder is verkort en weerskante van die loop geplaas om die wydte van die skiettoring voordelig te gebruik.
duimnael|links|Die agterkant van die Firefly te Bovington Tenk Museum, sien die radiohouer agter die skiettoring. Die sluitstuk van die kanon is met 90 grade gedraai sodat dit van die linkerkant gelaai kan wordIn Amerikaans-ontwerpte tenks sit die skutter regs en die laaier links. In Britse tenks is dit omgekeerd. in stede van die bokant af.Hart (2007), Die radio, normaalweg agter in die skiettoring in Britse tenks, moes geskuif word en is geplaas in 'n spesiale kas wat agter die skiettoring gemonteer is. Die bedrading is moontlik gemaak met 'n gat wat in die skiettoring gesny is.
Die volgende probleem wat Kilbourn moes oplos was dat die kanonmonteerblok, die blok waarop die kanon rus, verkort moes word sodat die kanon in die Firefly kan pas. Die kanon was dus nie baie stabiel nie. Kilbourn het 'n nuwe loop laat ontwerp vir die 17 pond-kanon wat 'n langer nie-tapse gedeelte gehad het by die basis, wat die stabiliteitprobleem opgelos het. 'n Nuwe mantel is ontwerp om die kanon in die skiettoring te pas en ook die die monteerblok te kan akkommodeer. Die Firefly se pantser of mobiliteit was nie beter as die normale Sherman-tenk nie, behalwe vir die ekstra 13 mm pantser oor die nuwe mantel. Die verbeteringe was egter groot genoeg dat die 17 pond-kanonne in 'n fabriek, wat spesiaal ingerig is vir die taak, gebou moes word.
Kilbourn moes ook ander probleme oorkom. In die standaard-Shermantenk was daar net een luik waardeer die bevelvoerder, die kanonnier en die laaier kon in- en uitklim. Die 17 pond-kanon se langer sluitstuk en terugslagstelsel het dit aansienlik moeiliker gemaak vir die laaier om vinnig uit die tenk te klim indien dit getref sou word. Om dié probleem op te los is 'n nuwe luik in die bokant van die skiettoring, oor die kanonnier se posisie, ingesit.Fletcher (2008) bl. 14 Die laaste verandering was dat die een masjiengeweer nie geïnstalleer is nie, sodat daar meer ruimte vir die 17 pond-kanon se ammunisie was, wat aansienlik langer was as die oorspronklike 75 mm-ammunisie.
Gedurende Oktober en November van 1943 het die entoesiasme vir die projek begin toeneem. Die 21ste Leërgroep is ingelig insake die nuwe tenk in Oktober 1943. Nog voordat die finale toetse voltooi is in Februarie 1944, was daar reeds 'n bestelling vir 2 100 van die Sherman-tenk met die 17 pond-kanon geplaas. Op daardie stadium het die Challenger-program gebuk gegaan onder voortdurende vertragings en daar was min tenks wat gereed sou wees vir die Normandië-inval later die jaar. Ook het die Cromwell-ontwikkeling probleme ondervind, daar was nie 'n skiettoring beskikbaar wat die nuwe 75 mmm-kanon met hoë trompsnelheid kon akkomodeer nie, hulle moes die algemeengebruikte Ordnance QF 75 mm-kanon gebruik. Dit het beteken dat die Firefly die enigste tenk was wat meer slaankrag gehad het as die QF 75 mm-kanon in die Britse Leër wat tot gevolg gehad het dat Winston Churchill die hoogste prioriteit aan die projek gegee het.
Oorsprong van die naam Die bynaam Firefly is na aanleiding van die helder vlam wat by die loop uitkom wanneer 'n skoot gevuur word.Zaloga, Steven. Armored Thunderbolt – The U.S. Army Sherman in World War II. Stackpole Books, 2008. bl. 133. Die naam is soms gebruik deur brigade/regiment in hulle oorlogsdagboeke vanaf Maart 1944 tesame met Mayfly. Gedurende die oorlog was daar na die Sherman met die 17 pond-kanon verwys as 1C, 1C Hibried of VC, afhangende van die basiese model van die tenk. Volgens Britse benamingsfilosofie het 'n C aan die einde van die Romeinse syfer aangedui dat die tenk met 'n 17 pond-kanon toegerus is.Vir 'n beter verduideliking van die verskeie merke sien: Lend-Lease Sherman tanks#British nomenclature Bronne uit die tydperk verwys na enige voertuig met 'n 17-pond kanon as 'n Firefly, soms word die 17-pond SP Achilles M10C variant van die M10-tenkvernietiger ook ingesluit.
Wapentuig duimnael|17 pond-projektiele word gelaai in 'n Firefly Die hoofwapen van die Sherman Firefly is die Ordnance Quick-Firing 17-pounder-kanon. Hierdie kanon is ontwikkel uit die Britse Ordnance QF 6 pounder en is een van die kragtigste kanonne van enige land; dit kon dikker pantser as die Duitse Tiger I se 8,8 cm KwK 36 of die Panther se 7,5 cm KwK 42-kanonne deurdring. Die kanon van die Firefly kon ook 163 mm pantser op 'n afstand van 500 m en 150 mm pantser op 'n afstand van 1 000 m deurdring met standaard (vir daardie tyd) pantserbreek-ballistiese-dopgeskut (APCBCArmour-piercing capped ballistic cap moontlik Pantserbreek-dop balistiese-dop in Afrikaans in Engels) ammunisie. Op daardie stadium kon APDSArmour piercing, discarding sabot. Afrikaans: pantserbreek skei-klomp. Dit is wanneer 'n dunner projektiel gedra word deur dele wat wegval sodra die projektiel die loop van die wapen verlaat ammunisie pantser van 256 mm op 500 m en 233 mm op 'n 1 000 m deurdring, wat beteken het dat op papier die pantser van alle Duitse pantservoertuie deurdring kon word. Maar die APDS projektiele geproduseer gedurende die oorlog was nie akkuraat nie en die 50 mm projektiel was minder verwoestend nadat dit die pantser deurdring het as die 76,2 mm APCBC-projektiel. APDS-ammunisie was skaars gedurende die oorlog. Die Sherman Firefly was ontwerp om 77 projektiele te kan dra, maar in die praktyk kon slegs 23 projektiele met gemak gedra en hanteer word wanneer die tenk in aksie was.