Acda en De Munnik is 'n Nederlandse musiekduo bestaande uit Thomas Acda en Paul de Munnik. Hul Nederlandstalige liedjies word oor die algemeen beskou as eenvoudig en kundig aanmekaargesit, waardeur die aandag van die luisteraar outomaties na die lirieke gelei word. Die lirieke gaan meestal oor liefde, jeug en die lewe. Die groep het die harmoniese sang tussen beide kunstenaars tot 'n handelsmerk verhewe. Naas Thomas Acda en Paul de Munnik maak andere ook deel uit van die groep. David Middelhof is al vanaf die eerste album in 1997 bygewees; andere maak slegs enkele albums saam met die groep. Saam met Van Dik Hout vorm Acda en De Munnik ook die groep De Poema's.

‎Diskografie 1997: Acda en De Munnik 1998: Naar Huis 2000: Hier Zijn 2002: Groeten uit Maaiveld 2004: Liedjes van Lenny 2007: Nachtmuziek 2009: Jouw Leven Lang Bij Mij 2012: ’t Heerst

Kategorie:Nederlandse musiekgroepe