'n Grand Slam (Iers: Caithréim Mhór, Wallies: Y Gamp Lawn, Frans: Le Grand Chelem) kan in rugby op twee maniere behaal word: deur 'n besoekende span wat al vier Tuisunies agtereenvolgend verslaan of tydens die Sesnasies-toernooi, of die voorgangers daarvan, as 'n span al sy opponente verslaan.
Sesnasies-toernooi duimnael|Ierland, nadat hulle die Grand Slam in 2009 gewen het In die Sesnasies- en die Vyfnasies-toernooi wat dit voorafgegaan het, word 'n Grand Slam behaal as 'n span al sy opponente in een seisoen se kompetisie klop. Daar is geen amptelike trofee vir die prestasie nie.
Die term is waarskynlik vir die eerste keer in 1957 gebruik toe die Times die uitdrukking ‘Grand Slam’ gebruik het om Engeland se vier oorwinnings in die toenmalige Vyfnasies-toernooi te beskryf.
Geen span kon tot dusver drie opeenvolgende Grand Slams wen nie. Drie spanne, Wallis in 1908/1909, Engeland in 1913/1914, 1923/1924 en 1991/1992 en Frankryk in 1997/1998 het reeds twee agtereenvolgende Grand Slams gewen. In 2005 het Wallis die eerste span geword om 'n Grand Slam te wen met meer weg- as tuiswedstryde.
Daar is reeds 42 Grand Slam-titels behaal sedert die toernooi 'n aanvang geneem het. Engeland het 13 daarvan gewen, gevolg deur Wallis met twaalf, Frankryk met tien, Ierland met vier en Skotland met drie. Italië kon tot dusver nie 'n Grand Slam behaal nie.
'n Soortgelyke konsep is die Driekroon. As een van die Britse Tuisunies (Engeland, Skotland, Wallis of Ierland) daarin slaag om die ander drie te klop wen hulle die Driekroon. Dit is in 2023 deur Ierland behaal, wat ook die Grand Slam-wenner is.
Sedert die 2017-toernooi word bonuspunte soos by die Rugbywêreldbeker op proefbasis toegeken. 'n Span wat die Grand Slam wen, sal drie bonuspunte kry. Dit sal die moontlikheid dat 'n Grand Slam-wenner die kampioenskap weens bonuspunte kan verloor uitskakel.
Tabel van Grand Slam-wenners SpanGrand SlamsSeisoene131913, 1914, 1921, 1923, 1924, 1928, 1957, 1980, 1991, 1992, 1995, 2003, 2016121908, 1909, 1911, 1950, 1952, 1971, 1976, 1978, 2005, 2008, 2012, 2019101968, 1977, 1981, 1987, 1997, 1998, 2002, 2004, 2010, 202241948, 2009, 2018, 202331925, 1984, 19900
Kronologiese lys van Grand Slam-wenners 1882–1907 Nie moontlik omdat Frankryk nie aan die kampioenskap deelgeneem het nie 1908 1909 1910 Nie behaal nie 1911 1912 Nie behaal nie 1913 1914 1915–1919 Nie gehou nie as gevolg van die Eerste Wêreldoorlog 1920 Nie behaal nie 1921 1922 Nie behaal nie 1923 1924 1925 1926–1927 Nie behaal nie 1928 1929–1931 Nie behaal nie 1932–1939 Nie moontlik nie a.g.v. die uitskop van Frankryk uit die kampioenskap 1940–1946 Nie gehou nie a.g.v. die Tweede Wêreldoorlog 1947 Nie behaal nie 1948 1949 Nie behaal nie 1950 1951 Nie behaal nie 1952 1953–1956 Nie behaal nie 1957 1958–1967 Nie behaal nie 1968 1969–1970 Nie behaal nie 1971 1972–1975 Nie behaal nie 1976 1977 1978 1979 Nie behaal nie 1980 1981 1982–1983 Nie behaal nie 1984 1985–1986 Nie behaal nie 1987 1988–1989 Nie behaal nie 1990 1991 1992 1993–1994 Nie behaal nie 1995 1996 Nie behaal nie 1997 1998 1999–2001 Nie behaal nie 2002 2003 2004 2005 2008 2009 2010 2012 2016 2018 2019 2022 2023
Grand Slamtoer 'n Grand Slamtoer is 'n toer na die Britse Eilande waarin daar toetse teen elkeen van die vier Tuisunies gespeel word (Engeland, Skotland, Wallis en Ierland). Indien die besoekende span al vier dié toetse wen behaal die span 'n Grand Slam. Daar is geen amptelike rigsnoer van Wêreldrugby omtrent wat die konsep van 'n Grand Slamtoer behels nie — byvoorbeeld, of 'n toerspan teen elk van die huidige Sesnasiespanne (die vier Tuisunies saam met Frankryk en Italië) 'n wen aanteken in dieselfde toer as 'n "ware Grand Slam" aangeteken behoort te word of nie.
Geen span wat in Europa getoer het, het al 'n "ware Grand Slam" probeer behaal in die Sesnasies-era (sedert Italië se toetrede in 2000) nie. 'n Grand Slam teen die vier Tuisunies in dieselfde toer is reeds vier keer deur Suid-Afrika, drie keer deur Nieu-Seeland en een keer deur Australië behaal. Australië is ook die enigste land van die Suidelike Halfrond wat teen elk van die Tuisunies op 'n Grand Slamtoer verloor het in 1957–1958.
Suid-Afrika is die enigste land wat 'n Grand Slam teen die Vyfnasies kon behaal: in die Grand Slamtoere van 1912–1913 en 1951–1952 het die Sprinkbokke ook teen die Hane gespeel en gewen.
As gevolg van die opeenhoping van wedstryde in internasionale rugby het Grand Slamtoere minder algemeen begin word. Die laaste suksesvolle Grand Slamtoer was in 2008 toe Nieu-Seeland hulle derde Grand Slam behaal het. Die All Blacks se vorige toer in 2005 was aanvanklik geskeduleer vir drie Toetswedstryde; die laat toevoeging van die wedstryd teen Wallis het dit moontlik gemaak vir die All Blacks om 'n Grand Slam te oorweeg. Om daarmee saam te gaan het Nieu-Seeland slegs Toetswedstryde in 2005 en een vriendskaplike wedstryd in 2008 (teen Munster van Ierland) gespeel in teenstelling met die gereelde wedstryde in die middel van die week asook naweke teen provinsiale spanne, wat ander Grand Slamtoere gekenmerk het.
Grand Slams behaal deur toerspanne 1912–13, 1931–32, 1951–52, 1960–611978, 1995, 2005, 2008, 20101984
Uitslae Span Toere Behaal Nie behaal nie % behaal 9 4 5 44,4% 10 4 6 40,0% 11 1 10 9,1% Totaal 30 9 20 30,0%
Lys van Grand Slamtoere (teen al vier Tuisunies) Sleutel Dui op 'n oorwinning Dui op 'n nederlaag Dui op 'n gelykop
JaarSpanBehaalUitslagTelling 1905–06 3–0–115–015–012–70–3 1906 Suid-Afrika2–1–13–315–120–611–0 1912–13 Suid-Afrika Ja4–0–09–338–016–03–0 1927–28 2–0–211–185–38–1018–8 1931–32 Suid-Afrika Ja4–0–07–08–36–38–3 1935–36 2–0–20–1317–918–812–13 1947–48 3–0–111–016–316–70–6 1951–52 Suid-Afrika Ja4–0–08–317–544–06–3 1953–54 3–0–15–014–33–08–13 1957–58 0–0–46–96–98–123–9 1960–61 Suid-Afrika Ja4–0–05–08–312–53–0 1963–64 3–1–014–06–50–06–0 1966–67 2–0–223–118–155–1114–11 1969–70 Suid-Afrika0–2–28–118–83–66–6 1972–73 3–1–09–010–1014–919–16 1975–76 1–0–36–2320–103–103–28 1978 Ja4–0–016–610–618–913–12 1981–82 1–0–311–1516–1215–2413–18 1984 Ja4–0–019–316–937–1228–9 1998 3–0–17–1327–1335–1028–20 2004 2–0–216–3212–1745–1038–36 2005 Ja4–0–023–1945–729–1041–3 2008 Ja4–0–032–622–332–629–9 2009 2–1–118–920–208–933–12 2010 Ja4–0–026–1638–1849–337–25 2010 3–0–121–1123–2117–2129–25 2013 3–0–113–2032–1521–1530–26 2016 2–0–221–3724–2723–2232–8 2024 2–0–242–3719–2213–2752–20 2025 3–0–119–3326–1325–1752–26 AlgeheelJa 9–21 Nee80–6–3218–1–1122–3–519–1–1022–1–7
Die Rugbykampioenskap Jaar Span NotasDrienasiesreeks 1996 1997 1998 2003 2010 Die Rugbykampioenskap 2012 2013 2015 Net drie wedstryde gespeel ween die Rugbywêreldbeker 2015. 2016 2017 2023 Net drie wedstryde gespeel ween die Rugbywêreldbeker 2023.
Europese Nasiesbeker Jaar Span NotasFIRA-toernooi 1938 FIRA-nasiesbeker 1965–66 1966–67 1967–68 1968–69 1969–70 1970–71 1971–72 1972–73 FIRA-trofee 1973–74 1975–76 1976–77 1977–78 1978–79 1979–80 1980–81 1982–83 1983–84 1984–85 As tweejarige kampioenskap 1986–87 Frankryk wen in 1986. 1988–89 Frankryk wen in 1989. 1991–92 Frankryk wen in 1991 en 1992.Europese Nasiesbeker eerste afdeling 2001 2002 As tweejarige kampioenskap 2003–04 Portugal wen in 2003. 2007–08 Georgië wen in 2008. 2011–12 Georgië wen in 2011. 2013–14 Georgië wen in 2014. 2015–16 Georgië wen in 2015 en 2016.Rugby Europakampioenskap 2018 2019 2020 2021
Verwysings
Eksterne skakels BBC News se artikel oor vorige Grand Slamtoere Amptelike Sesnasies-webblad
Kategorie:Rugby