Die Stade Chaban-Delmas is 'n stadion in die Suidwes-Franse metropool Bordeaux wat tussen 1938 en 2015 veral as tuisveld vir die plaaslike sokkerspan Girondins des Bordeaux gedien het en sedert 2011 die rugbyspan Union Bordeaux Bègles huisves. Die stadion se naam is in 2001 gewysig; dit het vroeër bekend gestaan as Stade du Parc Lescure en dra tans die naam van die politikus Jacques Chaban-Delmas wat in die periode tussen 1947 en 1995 die amp van burgemeester van Bordeaux beklee het.
duimnael|links|Die Stade Chaban-Delmas se ingang Die aantal sitplekke is by die voorskrifte van internasionale wedstryde soos die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1998 aangepas en beloop tans 34 694. Sedert die somer van 2007 beskik die stadion oor twee reuseskerms met 'n oppervlak van 37 vierkante meter elk wat ter geleentheid van die Rugbywêreldbeker 2007 geïnstalleer is.
Die stadion is in 1935 in die vorm van 'n fietssportstadium (Frans: stade vélodrome) opgerig, en in 1938 is wedstryde van die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi hier gehou. Dit was die eerste stadion ter wêreld wat oor volledig oordekte tribunes beskik het sonder enige pilaar wat die sig van die toeskouers belemmer het. Vanweë sy klassifisering as 'n historiese monument moet 'n aantal probleme by die stadion se herstel oorkom word. Die stadiondak beskerm nog die sitplekke wat ná die jaar 1984 op die ou fietsrenbaan opgerig is, nog die voormalige draaie.
Die tonnel wat die spelers se kleedkamers met die speelveld verbind, is met byna 120 meter die langste in Europa.
Op 19 Julie 2011 het die FC Girondins de Bordeaux sy plane bekend gemaak om 'n nuwe stadion opterig, geleë in Bordeaux-Lac en met plek vir 42 114 toeskouers. Die konstruksie aan die Nouveau Stade de Bordeaux het in 2013 begin en in April 2015 geëindig.
Wedstryde FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1938
DatumTydSpan 1TellingSpan 2RondteToeskouers12 Junie 1938 17:00 1–1 (e.t.) Kwarteindrondte 22 02114 Junie 1938 18:00 2–1 Herhaling 18 14119 Junie 1938 17:00 2–4 Klein finale 12 000
FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1998
DatumTydSpan 1TellingSpan 2RondteToeskouers11 Junie 1998 17:30 2–2 Groep B 31 80016 Junie 1998 17:30 1–1 Groep A 31 80020 Junie 1998 17:30 2–2 Groep E 31 80024 Junie 1998 16:00 2–2 Groep C 31 80026 Junie 1998 16:00 1–0 Groep H 31 80030 Junie 1998 16:30 0–1 Agtste eindrondte 31 800
Rugbywêreldbeker 1999
DatumTydSpan 1TellingSpan 2RondteToeskouers8 Oktober 1999 21:00 47–13 Groep C 34 0309 Oktober 1999 13:30 38–22 Groep C 27 000
Rugbywêreldbeker 2007
DatumTydSpan 1TellingSpan 2RondteToeskouers9 September 2007 20:00 32–17 Groep D 33 69415 September 2007 21:00 14–10 Groep D 33 80725 September 2007 18:00 12–12 Groep B 33 81029 September 2007 15:00 37–6 Groep B 35 200
Eksterne skakels
Kategorie:Bordeaux Kategorie:Rugbystadions in Frankryk Kategorie:Rugbywêreldbekerstadions Kategorie:Sokkerstadions in Frankryk Kategorie:FIFA Wêreldbekerstadions