Jessye Mae Norman (15 September 1945 – 30 September 2019) was 'n Amerikaanse sopraan. Sy is in Augusta, Georgia, gebore. Haar vader, Silas, was 'n versekeringsmakelaar en haar moeder, Janie, 'n amateurpianis. Ná skool het sy musiek aan die Howard-Universiteit asook die Universiteit van Michigan gestudeer. Haar loopbaan het begin toe sy in 1968 die internasionale operakompetisie in München gewen het. Sy het tydens die Olimpiese Somerspele 1996 se openingseremonie in Atlanta opgetree.

Norman is in New York oorlede. Sy word oorleef deur haar broer James Norman en suster Elaine Sturkey.

Bron Haar groot, ryk stem was soos 'n Cadillac V8, Rapport 6 Oktober 2019

Eksterne skakels

Kategorie:Amerikaanse sangers Kategorie:Operasangers Kategorie:Geboortes in 1945 Kategorie:Sterftes in 2019