Oreb word in die boek van Rigters (Rigt. 7: 25) in die Ou Testament van die Bybel genoem.
Hy was ´n vors van die Midianiete wat deur die Efraimiete gevange geneem en gedood is. Dieselfde lot het terselfdetyd Seëb, ´n ander vors van die Midianiete getref. Die hoofde van Oreb en Seëb het hulle na Gideon gebring.
Verwysings in die Bybel Rigt. 8: 3, Ps. 83: 12, Jes 10: 26
Literatuur Die Bybel (1953-Vertaling) Reinecker, Fritz: Lexikon zur Bibel. R. Brockhaus Verlag, Wuppertal 1981.
Sien ook Lys van persone in die Bybel
Kategorie:Mense uit die Hebreeuse Bybel Kategorie:Mense uit die Ou Testament