'n Hoofstuk nege instelling verwys na 'n organisasie wat ingevolge Hoofstuk 9 van die Suid-Afrikaanse Grondwet gestig is om demokrasie te beskerm. Sodanige instellings is:

Die Openbare Beskermer

die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie

die Kommissie vir die bevordering en beskerming van die regte van kulturele, godsdienstige en taalkundige gemeenskappe

die Kommissie vir Geslagsgelykheid

die Ouditeur-generaal

die Onafhanklike Verkiesingskommissie van Suid-Afrika (OVK)

'n Onafhanklike Uitsaaiowerheid.

Alhoewel hoofstuk nege 'n uitsaaireguleerder vereis, is die Onafhanklike Kommunikasie-owerheid van Suid-Afrika (IKOSA) nie spesifiek só 'n opdrag gegee nie. Interpretasies verskil of IKOSA 'n hoofstuk nege instelling is (of nie).

Parlementêre hersiening In Oktober 2006 is 'n ad hoc-parlementêre komitee gestig om die hoofstuk nege liggame te ondersoek rakende indiensnemingsprosedures en institusionele bestuur.  Die uitgawes aan die instellings en hul gebrek aan mandaat om buite die land te funksioneer, was ook kommerwekkend.  Die komitee het aanbeveel dat 'n direktoraat, onder die kantoor van die speaker, saamgestel moet word om te skakel met die instellings.

Verwysings

Eksterne skakels

Text of Chapter 9 at South African Government Information

Kategorie:Grondwet van Suid-Afrika Kategorie:Suid-Afrikaanse openbare beskermers