Serge Lifar (Oekraïens: Сергій Михайлович Лифар, Franse transkripsie: Sergueï Mikhaïlovitch Lifar) was 'n Franse balletdanser en choreograaf van Oekraïense afkoms wat onder die belangrikste 20ste eeuse dansers gereken word. Hy was die laaste lewensmaat van die ballet-impresario Sergei Diaghilev.

Lifar, wat hom ook as regisseur, skrywer, dansteoretikus en versamelaar bekwaam het, was tussen 1930 en 1944 en nog eens tussen 1947 en 1958 balletmeester van die Paryse Operahuis. Lifar het groot moeite gedoen om die Paryse Operaballet se tegniese vlak in sy vorige glorie te herstel. Vervolgens het die balletgeselskap weer die status van een van die voorste dansgeselskappe ter wêreld behaal.

Eksterne skakels

Kategorie:Dansers