Bjarte Engeset (gebore op 25 Augustus 1958, in Ørsta) is 'n Noorweegse dirigent van klassieke musiek.

Biografie en loopbaan

duimnael|Bjarte Engeset (regs) en die konsertpianis Hakon Austbo in Meksikostad in 2015. Bjarte Engeset het musiek by die Universiteit van Georgia, Grieg Akademiet in Noorweë en die Sibelius Akademie in Finland in 1988 onder Jorma Panula studeer. Hy het daarna die somer van 1989 by die Tanglewood Musieksentrum Seminaar van Dirigente spandeer, waar hy onder Seiji Ozawa, Gustav Meier, Simon Rattle, Marek Janowski en andere studeer het.

Engeset was Musikale Direkteur (hoofdirigent) van die Tromsø Simfonieorkes en die Noorweegse Wind Ensemble, artistieke direkteur van Noord-Noorweë se Noordelike Ligte-fees en die Opera Nord, en permanente gas-dirigent van die Vlaamse Radio-orkes. Engeset is sedert 2007 hoofdirigent en Artistieke Direkteur van Swede se DalaSinfonietta. Hy het wyd getoer, te wete in Skandinawië, Brittanje, Duitsland, België, die Tsjeggiese Republiek, Roemenië, Slowakye, Estland en die Verenigde State. Hy het saam met verskeie orkeste saamgewerk, insluitende die Baltimore Simfonieorkes, Bergen Filharmoniese Orkes, Bournemouth Simfonieorkes, Moskou Radio-simfonieorkes, Malmø Simfonieorkes, NDR Filharmoniese Orkes, Washington NGA Simfonieorkes, Oslo Filharmoniese Orkes, Koninklike Skote Nasionale Orkes, en die Sint Petersburg Filharmoniese Orkes en andere. Engeset het reeds verskeie CD's opgeneem vir die Naxos, EMI, en Classic Produktion Osnabrück plate-etikette. Hy het veral opnames van musiek deur Skandinawiese komponiste soos Grieg, Sibelius en Tveitt gemaak.

Eerbewyse 1996: Nordlysprisen

Verwysings

Eksterne skakels Amptelike webwerf Bjarte Engeset se biografie op sy bestuurder/agent se webwerf Bjarte Engeset se biografie en diskografie op Naxos se webwerf

Kategorie:Geboortes in 1958 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Noorweegse dirigente