duimnael|Die standbeeld van Vardan Mamikonian in Yerevan.
Vardan Mamikonian (Armeens: Վարդան Մամիկոնյան; 387Grigor A. Sarafian. Battle of Vardanantz and Vardan Mamikonian (oorspronklik van die Universiteit van Kalifornië) Dbaran "Nwor Or", 1950. bl. 45–451 AD) was 'n Armeense militêre leier, 'n martelaar en 'n heilige van die Armeense Kerk. Hy is bekend daarvoor dat hy die Armeense Leër in 451 aangevoer het tydens die Slag van Avarayr, welke uiteindelik sou lei tot die erkenning van die Armeniërs se reg om Christenskap te beoefen.
Hy was 'n lid van die Mamikoniese familie van Armenië se mees hooggeagte aristokrate (bekend as nakharars), word vereer as een van die grootste militêre en spirituele leiers van Armenië, en word beskou as 'n nasionale held deur die Armeniërs. Volgens Arshag Chobanian "[is Vartan] vir die Armeense nasie...die mees geliefde figuur, die mees heiligste in hul geskiedenis, die simboliese figuur wat die nasionale gees tipeer." Van die belangrikste Armeense kerke is na Sint Vardan vernoem. Ruiterstandbeelde van Sint Vardan kan in die Armeense hoofstad Jerewan en in die land se tweede grootste stad, Gyumri, gevind word.
Biografie Vardan Mamikonian was in 387 n.C. in die dorpie Artashat (Artaxata) in die Taron streek, noord van die stad Moosh, geboreGrigor A. Sarafian. Battle of Vardanantz and Vardan Mamikonian (original from the University of California) Dbaran "Nwor Or", 1950. bl 45 as die seun van Hamazasp Mamikonian (Armeens: Համազասպ Մամիկոնյան) en Sahakanush (Armeens: Սահականուշ), te wete die dogter van Isak van Armenië.
Nadat Vardan in 432 die Sparapet (die kommandeur van die gewapende magte) geword het, het die Perse hom na Ctesiphon opgeroep. By sy terugkeer on 450 n.C., het Vardan die Persiese geloof herroep en 'n Armeense rebellie teen hul Sassanidiese heersers van stapel gestuur. Vardan was tydens die Slag van Avarayr gevang terwyl hy van 'n heuwel aan't toekyk was. Hy was voor sy mense verneder, gemartel en gedood. Die Slag van Vardanants het op 26 Mei 451 n.C. op die Avarayr-plein in Vaspurakan tussen die Armeense Leër onder aanvoering van Sint Vardan en die Sassanid (Persiese) heersers plaasgevind. Terwyl die Perse seëvierend was op die slagveld, het die Slag van Avarayr die weg gebaan vir die ooreenkoms tussen die Perse en die Armeniërs wat godsdienstige vryheid aan die Christene van Armenië gewaarborg het. Na sy dood was die opstand wat deur Vardan begin is voortgesit deur Vahan Mamikonian, die seun van Vardan se broer, wat uitgeloop het op die herstel van Armeense outonomie met die Nvarsak-verdrag (484); wat die voortbestaan van Armeense nasieskap in latere eeu gewaarborg het.
Familie Vardan Mamikonian is die vader van Vardeni Mamikonian (bekend as Shushanik), wat omstreeks 409 n.C. gebore is. Sy het met Varsken, 'n prominente Mihranid feudale heer (pitiakhsh) getrou. Toe haar haar man 'n pro-Persiese standpunt ingeneem het en die Christendom verwerp het en Zoroastrisme aangeneem het, het hy probeer om Shushanik te dwing om Zoroastrisme aan te neem, maar sy het heftig gereageer en geweier om aan sy bevele te voldoen en haar Christelike geloof te verwerp. Sy was gevolglik op Varsken se bevele in 475 n.C. tereggestel. Shushanik is as heilige verklaar deur die Georgiese Ortodokse en Apostoliese Kerk en word vereer deur die Armeense Apostoliese Kerk. Sy staan bekend as Sint Shushanik, en haar feesdag word op 17 Oktober in die Oosterse Ortodokse Liturgie gevier.
Verwysings
Kategorie:Geboortes in 387 Kategorie:Sterftes in 451 Kategorie:Armenië Kategorie:Christelike heiliges uit die 5de eeu