Kyung Wha Chung (gebore op 26 Maart 1948) is 'n Suid-Koreaanse violis.
Vroeë jare
Kyung Wha Chung was in Seoul gebore; die middelste kind van die sewe kinders wat uit haar gesin gebore is. Haar vader was 'n uitvoerder, en haar moeder het 'n restaurant bedryf. Sy het op 4-jarige leeftyd met klavierstudies begin, en op 7-jarige leeftyd met vioolstudies. Sy was vroeg reeds as 'n wonderkind erken, en teen die ouderdom van nege jaar het sy alreeds die Mendelssohn Vioolconcerto saam met die Seoul Filharmoniese Orkes gespeel. Met verloop van tyd het sy geleidelik die meeste van die bekendste musiekkompetisies in Korea gewen. Sy het saam met haar broers en susters deur die land getoer, en beide as solis en as deel van ensembles gespeel. Met die kinders wat in Korea bekend geword het, het Chung se moeder begin voel dat die relatief afgeslote en klein gebied nie aan haar kinders die geleentheid gebied het om hul musiekloopbane te bevorder nie , en derhalwe het sy die besluit geneem om na die VSA te trek. Al Chung se broers en susters het klassieke instrumente bespeel, en drie van hulle sou professionele musici word. Haar jonger broer, Myung-whun Chung, is 'n dirigent en 'n pianis, en haar ouer suster, Myung-wha Chung, 'n tjellis en onderwyser by die Koreaanse Nasionale Universiteit van die Kunste in Seoul. Die drie van hulle het in hulle latere loopbane op professionele vlak as die Chung Trio saamgespeel.
Chung het op die ouderdom van dertien jaar in die VSA gearriveer. Sy het in die voetspore van haar ouer suster Myung-Soh Chung gevolg, welke 'n fluitspeler is, en die Juilliard skool in New York bygewoon waar sy onder Ivan Galamian studeer het.In 1967 was Chung en Pinchas Zukerman die gesamentlike wenners van die Edgar Leventritt-kompetisie gewees, wat die eerste keer was dat so 'n uitkoms in die geskiedenis van die kompetisie plaasgevind het."Contests: Cookie & Pinky Come Through" , Time Magazine, 26 Mei 1967. Hierdie prys het tot verskeie verbintenisse in Noord-Amerika gelei, soos bv. met die Chicago Simfonieorkes en die New York Filharmoniese Orkes. Sy het ook vir Nathan Milstein ingetree vir sy Withuis Gala toe hy ongesteld was. Haar volgende groot geleentheid het in 1970 gekom toe sy vir Itzhak Perlman moes intree saam met die Londen Simfonieorkes. Die sukses van hierdie geleentheid het tot baie ander uitvoerings in die Verenigde Koninkryk gelei asook 'n opnamekontrak met Decca/London. Haar debuutalbum met André Previn en die Londen Simfonieorkes, bestaande uit die vioolconcertos van Tsjaikofski en Sibelius, het haar internasionale roem besorg, insluitende die top aanbeveling in BBC Radio 3 se Building a Library program, wat die verskillende opnames van die Sibelius concerto vergelyk het. Chung het in Europa haar studies onder Joseph Szigeti voortgesit.
Haar kommersiële opnames sluit die hoof repertorium in, insluitende Beethoven, Tskaikofski en Berg. Sy het ook kamermusiek-werke opgeneem soos die Brahms vioolsonates, die Franck & Debussy sonates, en Respighi & Strauss se sonates (met Krystian Zimerman, 'n opname wat aan haar 'n Gramophone toekenning vir Beste Kamermusiek opname besorg het). Ander opnames sluit Vivaldi se Vier Seisoene in, wat gekies was as Gramophone se redakteurskeuse, en die Brahms vioolconcerto saam met die Weense Filharmoniese Orkes onder Simon Rattle.
In 1997 het sy die 30ste herdenking van haar internasionale buiging by die Barbican in Londen en in haar tuisstad Seoul gevier. In 2008 het ongesteldheid en beserings haar egter genoop om tydelik halt te roep met haar loopbaan. Haar mees onlangse terugkeer na die verhoog was in Londen by die Koninklike Fees-saal in Desember 2014. Haar reaksie tot die gehoor se gehoes, insluitende volgehoue hoesbuie deur 'n kind in haar lyn van visie, en haar gevolglike gesprek met die kind se ouers, het wydverspreide kontroversie tydens die uitvoering veroorsaak.Chung het twee seuns genaamd Frederick en Eugene gehad uit haar huwelik met die Britse sakeman Geoffrey Leggett. Hul 1984 huwelik het in die egskeidingshof opgeëindig.
Diskografie
Solo-opnames Jaar van uitreikingAlbum detailsSamewerkende kunstenaarsPlate-etiketEerste uitreiking1970Tsjaikofski: Vioolconcerto / Sibelius: VioolconcertoLonden Simfonieorkes(gedirigeer deur André Previn)DeccaSXL 64931972Bruch: Vioolconcerto / Skotse FantasieKoninklike Filharmoniese Orkes(gedirigeer deur Rudolf Kempe)DeccaSXL 65731973Walton: Vioolconcerto / Strawinski: VioolconcertoLonden Simfonieorkes(gedirigeer deur André Previn)DeccaSXL 66011975Bach: Partita No. 2 in D mineur; Sonate No. 3 in C MajeurDeccaSXL 67211976Saint-Saëns: Vioolconcerto No. 3 / Vieuxtemps: Vioolconcerto No. 5Londen Simfonieorkes(gedirigeer deur Lawrence Foster)DeccaSXL 67591977Prokofiëf: Vioolconcertos Nos. 1 & 2Londen Simfonieorkes(gedirigeer deur André Previn)DeccaSXL 67731977Bartók: Vioolconcerto No. 2Londen Filharmoniese Orkes(gedirigeer deur Georg Solti)DeccaSXL 68021977Elgar: VioolconcertoLonden Filharmoniese Orkes(gedirigeer deur Georg Solti)DeccaSXL 68421978Saint-Saëns: Havanaise; Inleiding en Rondo / Chausson: Poeme / Ravel: TziganeLonden Filharmoniese Orkes(gedirigeer deur Charles Dutoit)DeccaSXL 68511980Beethoven: VioolconcertoWeense Filharmoniese Orkes(gedirigeer deur Kiril Kondrašin)DeccaSXDL 75081980Franck: Vioolsonate / Debussy: VioolsonateRadu LupuDeccaSXL 69441980Mendelssohn: Klaviertrio No. 1 / Schumann: Klaviertrio No. 1André Previn (Klavier) Paul Tortelier (Tjello)His Master's VoiceASD 38941981Bach: Triosonates BWV 1038, 1039 & 1079James Galway (Fluit) Phillip Moll (Klavesimbel)Moray Welsh (Tjello)RCA Red Seal1981Lalo: Symphonie Espagnole / Saint-Saëns: Vioolconcerto No. 1Montreal Simfonieorkes(gedirigeer deur Charles Dutoit)DeccaSXDL 75271982Tsjaikofski: Vioolconcerto / Mendelssohn: VioolconcertoMontreal Simfonieorkes(gedirigeer deur Charles Dutoit)DeccaSXDL 75581984Berg: Vioolconcerto / Bartók: Vioolconcerto No. 1Chicago Simfonieorkes(gedirigeer deur Georg Solti)Decca411 804-11987Con Amore (Romantiese viool deur Kreisler en ander komponiste)Phillip Moll (Klavier)Decca417 289-11988Franck: Vioolsonate / Debussy: Vioolsonate /Phillip Moll (Klavier)Decca1989Dvořák: Vioolconcerto Op. 53; Romanse Op. 11Philadelphia Simfonieorkes(gedirigeer deur Riccardo Muti)EMI1989Strauss: Vioolsonate Op. 18 / Respighi: VioolsonateKrystian Zimerman (Klavier)Deutsche Grammophon1989Beethoven: Vioolconcerto / Bruch: VioolconcertoLonden Filharmoniese Orkes(gedirigeer deur Klaus Tennstedt)EMI2016Bach Sonates & PartitasWarner Classics01902959441622018Beau Soir - Fauré, Franck, Debussy - Werke vir Viool en KlavierKevin Kenner (Klavier)Warner Classics0190295708085
Chung trio opnames Jaar van uitreikingAlbum detailsSamewerkende kunstenaarsPlate-etiket1986Dvořák: Klaviertrios Nos. 1 & 3Myung-Wha Chung (Tjello)Myung-whun Chung (Klavier)Decca1987Mendelssohn: Klaviertrio No. 1 / Brahms: Klaviertrio No. 1Myung-Wha Chung (Tjello)Myung-whun Chung (Klavier)Decca1988Tsjaikofski: Klaviertrio in A Mineur / Sjostakowitsj: Klaviertrio No. 1Myung-Wha Chung (Tjello)Myung-whun Chung (Klavier)EMI1988Beethoven: Trippelconcerto vir Viool, Tjello en Klavier; Twee RomanseMyung-Wha Chung (Tjello)Myung-whun Chung (Klavier)Philharmonia Orchestra(gedirigeer deur Myung-whun Chung)Deutsche Grammophon1992Beethoven: Klaviertrio Nos. 4 & 7 "Aartshertog"Myung-Wha Chung (Tjello)Myung-whun Chung (Klavier)EMI
Sien Kyung-Wha Chung se diskografie by discogs.com
Verwysings
Eksterne skakels Kyung Wha Chung Amptelike Webblad Kyung-Wha Chung by Opus 3 Kunstenaars [ Kyung Wha Chung] by allmusic Juilliard Skool blad oor Kyung-Wha Chung Kyung-Wha Chung, "I have always welcomed children to my concerts". The Guardian, Musiek-webjoernaal of blog, 9 Desember 2014 "The Celebrated Korean Violinist Kyung Wha Chung speaking with Pete Myers", Radio Nederland Argiewe, 1982
Kategorie:Geboortes in 1948 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Koreaanse violiste