The Artemis Kwartet, vernoem na Artemis, die Griekse godin van jag en die wildernis, is 'n Duitse strykkwartet. Die kwartet was in 1989 in Lübeck gestig, maar werk tans vanuit Berlyn.Tommasini A. "No Laws Broken, Artemis Quartet Goes on Tour." New York Times. 12 Februarie 2004 :E1- B9 Hulle is veral bekend om hul uitvoerings van Beethoven se strykkwartette.Solare C. "At home with Beethoven." Stradivarius April 2010;121(1440):22-25. : Academic Search Premier. Besoek op 10 Julie 2014.
Geskiedenis
Die kwartet se leermeesters het Walter Levin, die Alban Berg Kwartet, die Juilliard Strykkwartet, en die Emerson-kwartet, ingesluit. Die prys wat die kwartet tydens die Duitse Musiekkompetisie (1995) gewen het, asook eerste prys tydens die ARD Musiekkompetisie (1996) en die Premio Paolo Borciani (1997), het die weg gebaan vir die kwartet se internasionale loopbaan. Die opnames wat die groep gemaak het, het reeds verskeie belangrike pryse gewen, wat onlangs die ECHO Klassik-prys in 2006 vir hul opname van die Beethoven Kwartette Op. 95 en 59/1 ingesluit het. Die kwartet het in 2001 die Duitse Kritici-prys gewen, asook die Würth-prys van Jeunesses Musicales Duitsland in 2007. In 2015 was die ECHO Klassik-prys in die kategorie; kamermusiek-opname van die jaar; weer aan die kwartet toegeken.echoklassik.de - Preisträger 2015 opgespoor 19 Oktober 2015
Die eerste lede van die Artemis-kwartet was professors van kamermusiek wat by die Berlynse Universiteit van die Kunste werksaam was. (Duits:Universität der Künste Berlin). Wilken Ranck het om persoonlike - en gesondheidsredes die kwartet in 1994 verlaat, en Volker Jacobsen en Heime Müller het aan die einde van die 2006/07 seisoen die kwartet verlaat. Natalia Prishepenko het in 2012 na agtien jaar uit die kwartet bedank. Nuwe lede van die kwartet was Gregor Sigl (2de Viool), die altviolis Friedemann Weigle (tot sy afsterwe in Julie 2015) en die Lettiese violis Vineta Sareika (1ste viool). Anthea Kreston het vroeg in 2016 as 2de viool oorgeneem, met Gregor Sigl wat na die altviool posisie geskuif het. Die Artemis-kwartet is 'n erelid van die Genootskap van die Beethoven Huis in Bonn.
Diskografie
Die Artemis Kwartet beskik sedert 2005 oor 'n eksklusiewe kontrak met Virgin Classics/EMI. Die kwartet se diskografie sluit in: Beethoven: Strykkwartette Opp. 59 & 95 (2005) Ligeti: Strykkwartet Nos 1 & 2 (2005) Verklärte Nacht (2006) Dvořák, Janáček: Strykkwartette (2006) Schumann, Brahms: Klavierkwintette met Leif Ove Andsnes (2006) Schubert: Strykkwintet in C & Strykkwartet No. 703 met Truls Mørk (2007)"Benchmark recordings of Schubert masterpieces." Stradivarius September 2012;123(1469):105. Academic Search Premier Besoek op 10 Julie 2014. Beethoven: Strykkwartette Op. 18 No. 4 & Op. 59 No. 2 (2008) Beethoven: Strykkwartette Op. 130, Op. 133 & Op. 18 No. 6 (2010) Beethoven: Strykkwartette Op. 18 No. 1 & Op. 127 (2010) Beethoven: Strykkwartette Op. 18 No. 5, Op. 18 No. 3, Op. 135 (2011) Beethoven: Volledige Strykkwartette (2011) Schubert: Strykkwartette No. 13-15: Rosamunde, Dood en die Meisie, Strykkwartet No. 15 (2012)
Lede (sedert 1989)
Viool: Wilken Ranck (1989–1994), Natalia Prishepenko (1994–2012), Vineta Sareika (sedert 2012) Viool: Isabel Trautwein (1989–1991), Heime Müller (1991–2007), Gregor Sigl (2007–2016), Anthea Kreston (2016-2019), Suyoen Kim (sedert 2019) Altviool: Volker Jacobsen (1989–2007), Friedemann Weigle (2007–2015), Gregor Sigl (sedert 2016) Tjello: Eckart Runge (1989-2019), Harriet Krijgh(sedert 2019)
Verwysings
Eksterne skakels
Amptelike webblad
Kategorie:Duitse musiekgroepe Kategorie:Berlyn Kategorie:Lübeck