Pawel Berman is 'n violis en dirigent van Russiese herkoms en die wenner van verskeie internasionale kompetisies.

Biografie

Pawel Berman is in Moskou gebore. Sy vader was die beroemde Russiese pianis Lazar Berman, en sy moeder die pianis Valentina Berman (nee Sedova). Hy het by die Tsjaikofski Konservatoria onder Igor Bezrodnyi studeer. In 1992 het hy aanbeweeg om onder Isaac Stern en Dorothy DeLay by die Juilliard-skool in New York te studeer.

Berman het internasionale aandag getrek toe hy in 1990 die eerste prys en goue medalje gewen het tydens die Internasionale Vioolkompetisie van Indianapolis. Berman het as solis en/of dirigent verskyn saam met orkeste soos die Italiaanse Virtuose, Moskouse Virtuose, Mantua Kamerorkes, Haydn Orkes van Bolzano en Trento, Teatro Farnese, Teatro Filarmonico, Teatro Carlo Felice, RAI Nasionale Simfonieorkes, Filharmoniese Orkes Fenice, Orchestra dell'Accademia Nazionale di Santa Cecilia, Moskou Simfonieorkes, Praag Filharmoniese Orkes, Praag Simfonieorkes, Nasionale Radio-orkes van Roemenië, Gulbenkian Orkes, Koninklike Liverpool Filharmoniese Orkes, Teatro Nacional de São Carlos, Württemberg Kamerorkes Heilbronn, Staatskapelle Dresden, Berlynse Simfonieorkes, Lettiese Nasionale Simfonieorkes, Indianapolis Simfonieorkes, Atlanta Simfonieorkes, Dallas Simfonieorkes, die Chinese Filharmoniese Orkes, ens.

Berman het reeds verhore betower by Carnegie Hall in New York, die Théâtre des Champs Elysées en Salle Gaveau in Parys, die Herkulessaal in München, die Nasionale Ouditorium van Musiek (Spaans: Auditorio Nacional) in Madrid, Spanje, die Bunka Kaikan in Tokio, Teatro alla Scala in Milaan, die Palais des Beaux Arts in Brussel, asook ander liggings. In 1998 het Berman die Kaunas Kamerorkes in Litoue gestig en sy musiekdirekteur geword, wat uiteindelik sou uitgroei tot die Kaunas Simfonieorkes. Berman het vir die Koch International, Audiofon, Discover, Phoenix Classics en Dynamic plaatetikette opnames gemaak.

Eksterne skakels

Kategorie:Geboortes in 1970 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Russiese violiste Kategorie:Russiese dirigente