Die Stade de France (Frans: [stad də fʁɑ̃s], letterlik: "Stadion van Frankryk") is 'n sokker- en rugbystadion in Saint-Denis, Frankryk, net noord van Parys.

duimnael|links|Die kerk Sacré-Cœur met die Stade de France in die agtergrond duimnael|links|Binnekant van die Stade de France in 2003 Dit het sitplek vir ongeveer 80 000 toeskouers en is die grootste stadion in Frankryk. Die stadion is ingehuldig op 28 Januarie 1998 met 'n sokkerwedstryd tussen Frankryk en Spanje. Die stadion, wat vir die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1998 gebou is, is ook ontwerp vir ander sportsoorte, soos rugby, atletiek, motorrenne asook konserte en ander groot opvoerings. Dit word deur die Franse rugbyspan tydens die Sesnasies-toernooi en ander internasionale wedstryde gebruik.

Die Franse sokkerspan gebruik die stadion ook vir byna alle vriendskaplike wedstryde en dit was in dié stadion dat die span Brasilië 3–0 geklop het in die eindstryd van die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1998. Parys se hoofrugbyklub, Stade Français, het in die afgelope aantal jare ook die stadion gereeld as tuisveld gebruik. Die Stade de France dien verder elke jaar as die terrein vir die Top-14 Franse binnelandse rugbykampioenskap, die Coupe de France-sokkerbekertoernooi en die Franse sokkerligabeker. Die Stade de France het die afgelope drie jaar as gasheer vir die Race of Champions opgetree. In 2007 is verskeie wedstryde van die Rugbywêreldbeker, insluitende die eindstryd wat deur die Springbokke teen Engeland met 15–6 gewen is, hier beslis. Daarmee het die Stade de France die eerste stadion in die wêreld geword wat beide 'n Sokker-Wêreldbekertoernooi- en 'n rugbywêreldbekereindstryd aangebied het. In 2023 is ook verskeie wedstryde van die Rugbywêreldbeker, insluitende die eindstryd wat deur die Springbokke teen Nieu-Seeland met 12–11 gewen is, hier beslis. Daarmee het die stadion ná Edenpark in Auckland en Twickenham in Londen die derde rugbystadion geword wat die rugbywêreldbekereindwedstryd vir meer as een keer gehuisves het.

Geskiedenis duimnael|links|Die Stade de France kort nadat die eindstryd van die Rugbywêreldbeker 2007 gespeel is Die Stade de France is gebruik vir Frankryk se grootste sportprestasie tot op hede, die 3–0 oorwinning oor Brasilië tydens die FIFA Sokkerwêreldbekertoernooi op 12 Julie 1998. Dit was die eerste keer dat Frankryk die Sokker-Wêreldbeker gewen het en die eerste keer in 20 jaar dat die gasheerland die toernooi gewen het. Die Top-16, die Franse rugbykampioenskap wat nou na die Top-14 verander is, se eindstryd wat tevore in Parc des Princes beslis is, is in 1998 permanent na die Stade de France verskuif. Die Paryse span Stade Français het USA Perpignan 34–7 in Mei van daardie jaar verslaan. Die jaar daarna is een van die Rugbywêreldbeker 1999-kwarteindwedstryde, waarvoor Wallis saam met Engeland, Frankryk, Ierland en Skotland die gasheer was, in die stadion gehou. In die wedstryd het die Springbokke Engeland met 44–21 verslaan. Daarbenewens is in die Stade de France verskeie wedstryde van die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2003, die Rugbywêreldbeker 2007, die Europese Sokkerkampioenskap 2016 en die Rugbywêreldbeker 2023 aangebied, insluitend al die openings- en eindwedstryde.

Wedstryde FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1998

DatumTydSpan 1TellingSpan 2RondteToeskouers 10 Junie 1998 17:30 2–1 Groep A (opening) 80 000 13 Junie 1998 21:00 0–0 Groep E 75 000 18 Junie 1998 21:00 4–0 Groep C 80 000 23 Junie 1998 16:00 2–1 Groep B 80 000 26 Junie 1998 21:00 1–1 Groep G 77 000 28 Junie 1998 21:00 1–4 Agtste eindrondte 77 000 3 Julie 1998 16:30 0–0 (3–4 straf.) Kwarteindrondte 77 000 8 Julie 1998 21:00 2–1 Halfeindrondte 76 000 12 Julie 1998 21:00 0–3 Eindstryd 80 000

Rugbywêreldbeker 1999

DatumTydSpan 1TellingSpan 2RondteToeskouers 24 Oktober 1999 14:00 44–21 Kwarteindrondte 75 000

FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2003

DatumTydSpan 1TellingSpan 2RondteToeskouers 18 Junie 2003 18:00 0–3 Groep A (opening) 36 038 19 Junie 2003 21:00 0–1 Groep B 46 719 21 Junie 2003 19:00 1–0 Groep B 43 743 22 Junie 2003 21:00 5–0 Groep A 36 842 26 Junie 2003 21:00 3–2 Halfeindrondte 41 195 29 Junie 2003 21:00 0–1 (e.t.) Eindstryd 51 985

Rugbywêreldbeker 2007

DatumTydSpan 1TellingSpan 2RondteToeskouers 7 September 2007 21:00 12–17 Groep D (opening) 79 312 14 September 2007 21:00 0–36 Groep A 77 523 21 September 2007 21:00 25–3 Groep D 80 267 7 Oktober 2007 21:00 19–13 Kwarteindrondte 76 866 13 Oktober 2007 21:00 14–9 Halfeindrondte 80 283 14 Oktober 2007 21:00 37–13 Halfeindrondte 77 055 20 Oktober 2007 21:00 6–15 Eindstryd 80 430

Europese Sokkerkampioenskap 2016

DatumTydSpan 1TellingSpan 2RondteToeskouers 10 Junie 2016 21:00 2–1 Groep A (opening) 75 113 13 Junie 2016 18:00 1–1 Groep E 73 419 16 Junie 2016 21:00 0–0 Groep C 73 648 22 Junie 2016 18:00 2–1 Groep F 68 714 27 Junie 2016 18:00 2–0 Agtste eindrondte 76 165 3 Julie 2016 21:00 5–2 Kwarteindrondte 76 833 10 Julie 2016 21:00 1–0 (e.t.) Eindstryd 75 868

Rugbywêreldbeker 2023

DatumTydSpan 1TellingSpan 2RondteToeskouers 8 September 2023 21:00 27–13 Groep A (opening) 78 680 9 September 2023 18:00 35–15 Groep C 75 770 23 September 2023 21:00 8–13 Groep B 78 542 7 Oktober 2023 21:00 36–14 Groep B 78 459 14 Oktober 2023 21:00 24–28 Kwarteindrondte 78 845 15 Oktober 2023 21:00 28–29 Kwarteindrondte 79 486 20 Oktober 2023 21:00 6–44 Halfeindrondte 77 653 21 Oktober 2023 21:00 15–16 Halfeindrondte 78 098 27 Oktober 2023 21:00 23–26 Bronseindstryd 77 674 28 Oktober 2023 21:00 11–12 Eindstryd 80 065

Eksterne skakels

Amptelike webwerf

Kategorie:FIFA Wêreldbekerstadions Kategorie:Rugbystadions in Frankryk Kategorie:Rugbywêreldbekerstadions Kategorie:Sokkerstadions in Frankryk Kategorie:UEFA 4 ster stadions