Landbou-ekonomie is 'n sosiale wetenskap wat oorspronklik die beginsels van ekonomie toegepas het op die produksie van gewasse en veeboerdery. Landbou-ekonomie het spesifiek gehandel oor grondgebruik. Die fokus was om die opbrengste van gewasse te optimaliseer. Gedurende die 20ste eeu het die wetenskap uitgebrei om 'n baie breër veld te dek. Hedendaagse landbou-ekonomie het 'n wye veld van gespesialiseerde areas waarvan baie met ekonomie, finasies en statistiek oorvleuel.
Ekonomie word in die breë gedefinieer as die wetenskap van hulpbrontoewysing Landbou-ekonomie kan gedefinieer word as die wetenskap van natuurlike hulpbrontoewysing. Alternatiewelik, die toepassing van ekonomiese beginsels vir optimalisering van boere se produksiebesluite. Die ontwikkeling van die wetenskap word in 'n groot mate aan Theodore W. Schultz gekrediteer.
Velde van konsentrasie: Agribesigheid Agribesigheidsbestuur Arbeidsekonomie Bemarking van landbouprodukte Bosbou-ekonomie Ekonometrie Ekonomiese ontwikkeling in Afrika Gemeenskapsontwikkeling Industriële organisasie Internasionale handel Internasionale ontwikkeling Landboubeleid (Plaaslik, Nasionaal en Internasionaal) Landboufinansiering Landbouvoorligting Landelike ontwikkeling Landelike sosiologie Mark- en kompetisie-analise Natuurlike hulpbronekonomie Omgewingsekonomie Produksie-ekonomie Risiko en onsekerheid Strategiese landbou-ekonomie Verbruikersbesteding Voeding Voedselsekuriteit
Landbou-ekonomie neig om mikro-ekonomie gerig te wees om spesifieke oplossings te soek.
Sien ook Belangrike Suid-Afrikaanse publikasies Agrekon Landbouweekblad Farmers Weekly
Akademiese en proffesionele organisasies American Agricultural Economics Assosiation European Assosiation of Agricultural Economists International Farm Management Association
Digitale Biblioteek AgEcon Search: Research in Agricultural and Applied Economics
Kategorie:Ekonomie Kategorie:Landbou