Hierdie artikel handel oor die rivier in die suide van Namibië. Vir die rivier in die Oos-Kaap, sien asb. Groot-Visrivier.
Die Visrivier (Engels: Fish River, Duits: Fischfluss) is met 650 km die langste rivier van Namibië. Die oorsprong van die rivier lê in die ooste van die Naukluftberge. Die Visrivier vloei deur die Visrivier-canyon, die grootste Canyon van Afrika. Later vloei die rivier in die Oranjerivier.
Die rivier wat periodies droog is, vloei deur die dorpe Mariental, Gibeon en Seeheim.
Eksterne skakels Kaart van die Visrivier op Geonames.org (cc-by); databasis afgelaai op 2017-02-28
Kategorie:Riviere in Namibië