Markus was die 34ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk.
Biografie Pous Markus was waarskynlik 'n Romein van geboorte, die seun van Priscus. Voor sy verkiesing was hy biskop van Ostia. Op 18 Januarie 336 volg hy Pous Silvester I op en regeer tot sy dood op 7 Oktober 336. Hy word opgevolg deur Pous Julius I. Die naam ‘Markus’ beteken gewy aan die (Romeinse) god Mars of ook gebore in Maart.
Pontifikaat Tydens sy pontifikaat word begin met die opstel van 'n lys van martelare (Deposito Martyrum) en 'n lys van biskoppe (Deposito Episcoparum).
Hy het die biskop van Ostia gemagtig om die biskop van Rome in te seën. Hy het waarskynlik die kerk San Marco laat bou asook die kerk bo-oor die katakombe van Balbina tussen die Via Appia en die Via Ardeatina. Pous Markus is in die katakombe van Balbina begrawe.
Verering Pous Markus word as heilige vereer en sy feesdag is op 7 Oktober.
Verwysings Davis, R. (2001) Book of the Pontiffs (English Translation of the Liber Pontificalis) Liverpool University Press. Liber Pontif., ed. DUCHESNE, I, 202-4; URBAIN, Ein Martyrologium der christl. Gemeinde zu Rom am Anfang des V. Jahrh. (Leipzig, 1901), 198; LANGEN, Gesch. der rom. Kirche, I, 423.
Eksterne skakels
Nota Saamgestel uit die Nederlandse, Engelse, Duitse en Franse wiki’s.
Opvolging
Kategorie:Geboortes in 290 Markus Markus Kategorie:Sterftes in 336