Die 72ste jaarlikse Cannes-rolprentfees is van 14-25 Mei 2019 in Cannes, Frankryk, gehou. Die Mexikaanse rolprentmaker Alejandro González Iñárritu was die president van die jurie. Die Suid-Koreaanse prent Parasite, waarvan Bong Joon-ho die regisseur was, het die Palme d'Or gewen; Bong was die eerste Koreaanse regisseur wat die prys wen.
Die fees is geopen met die Amerikaanse regisseur Jim Jarmusch se zombiekomedie The Dead Don't Die en is afgesluit met Olivier Nakache en Éric Toledano se The Specials.
Hulde is gebring aan die Franse rolprentmaker Agnès Varda, wat in Maart 2019 oorlede is, en sy het op die fees se amptelike plakkaat verskyn. Die foto is geneem tydens die verfilming van haar debuutprent, La Pointe Courte (1955), wat later op die Cannes-rolprentfees vertoon is.
Belangrikste rolprentpryse
Rolprent Regisseur Land Prys Parasite Bong Joon-ho Suid-Korea Palme d'Or Atlantics Mati Diop Senegal, Frankryk, België Grand Prix Bacurau Les Misérables Kleber Mendonça Filho en Juliano Dornelles Ladj Ly Brasilië Frankryk Jurieprys The Invisible Life of Eurídice Gusmão Karim Aïnouz Brasilië Un Certain Regard Mano a mano Louise Courvoisier Frankryk Cinéfondation The Distance Between Us and the Sky Vasilis Kekatos Griekeland, Frankryk Kortfilm-Palme d'Or
Ander pryse Prys Wenner Rolprent Land Beste regisseur Jean-Pierre en Luc Dardenne Young Ahmed België Beste draaiboek Céline Sciamma Portrait of a Lady on Fire Frankryk Beste akteur Antonio Banderas Pain and Glory Spanje Beste aktrise Emily Beecham Little Joe Oostenryk, Duitsland, VK
Verwysings
Eksterne skakels Fees se amptelike webtuiste 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Cannes-rolprentfees